*Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee*
Opmerking/Vraag : Watter diens kan Oraniërs verwag om by die kliniek te ontvang?
Dit moet onthou word dat die kliniek in Orania 'n satelliet staats-kliniek is wat deur die Suid Afrikaanse en provinsiale Departemente van Gesondheid verskaf word. Aangesien dit nie deur hulle as 'n volwaardige kliniek gekategoriseer word nie, is die begroting wat daarvoor beskikbaar gestel word heeltemal te klein om 'n volledige diens te lewer.
Orania se Dorpsraad subsidieer dus die kliniek met 'n beduidende bedrag (deur bv die perseel daarvoor gratis te verskaf en deur die voltydse suster aan diens se salaris te betaal ens), sodat dit meer inwoners kan help. Selfs met daardie bydrae is dit egter ongelukkig steeds nodig dat pasiënte soms redelik lank voor die tyd 'n afspraak moet maak om die staats-dokter, wat slegs sekere dae van die week vir 'n beperkte tyd beskikbaar is, gratis te sien.
Daar is natuurlik ook verskeie ander mediese opsies in die dorp beskikbaar, wat onder andere insluit dat 'n gesin van 4 elkeen vier keer per maand 'n dokter kan spreek (gewoonlik sommer dieselfde dag) teen 'n maandelikse bedrag van ongeveer Ф600 vir die hele gesin. Die mediese sentrum en die Beheerkamer van OVD kan ook 24 uur per dag mediese spanne aktiveer om noodgevalle te hanteer.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…