092/2026

KARNAVALOPTOG: REGISTRASIES EN REËLINGS VIR DIE 2026-KARNAVAL

Uitgereik op: 10 July 2026
Gemeenskapsdienste

0

KARNAVALOPTOG: REGISTRASIES EN REËLINGS VIR DIE 2026-KARNAVAL

092/2026

10 Julie 2026

Geagte Oraniërs,

KARNAVALOPTOG: REGISTRASIES EN REËLINGS VIR DIE 2026-KARNAVAL

Opsomming : Die Orania Karnaval se Vlotloptog (met die tema: “Ons Verhale”) vind op Vrydag, 2 Oktober 2026 plaas. Vlotte, groepe en individue moet teen 14:30 aangemeld wees. Die optog vertrek om 15:00 na die sportgronde. Registreer aanlyn voor 25 September.

Soos inwoners weet, is die Karnaval ‘n jaarlikse geleentheid wat deur die Orania Dorpsraad aangebied word. Hierdie jaar is ‘n gedeelte daarvan, die vlotoptog, egter in die bekwame en energieke hande van BKO. Sien dus asseblief hieronder ‘n skrywe van hulle af daaroor.

Skrywe vanaf BKO oor die vlotoptog:

“Almal word hartlik uitgenooi om deel te wees van vanjaar se Karnavaloptog, wat op Vrydag, 2 Oktober 2026 plaasvind.

Bymekaarkom: Vlotte moet voor of teen 14:30 by die Eureka-kruising aangemeld wees, met hul voorkante in die rigting van die sportgronde. Die beoordelaars sal hier tussen die vlotte deur beweeg, vrae vra en aantekeninge maak.

Vertrek: Die optog vertrek stiptelik om 15:00 na die Orania Sportgronde.

Registrasie kan aanlyn gedoen word by by https://bko.co.za/orania-karnavaloptog-2026-registrasievorm/ . Alle nodige inligting is op die webwerf beskikbaar.

Die tema en slagspreuk vir vanjaar se optog is “Ons Verhale”. Dit verwys na stories wat aan ons gemeenskap behoort, die vertelling van ons geskiedenis, stories uit ons verlede, of gedeelde ervarings wat ons as gemeenskap aan mekaar verbind.

Bonuspunte: Die Karnaval se oorhoofse tema is “Orania 35”, met verwysing na Orania se 35ste bestaansjaar. Deelnemers word daarom ook aangemoedig om hierdie tema by hul inskrywing in te werk. Dit sal deur die beoordelaars vir bonuspunte in aanmerking geneem word.

Ons moedig die hele gemeenskap aan om saam fees te vier. Vanjaar is daar vier kategorieë waaraan deelgeneem kan word. Indien u nie die middele het om ‘n vlot te bou nie, kan u steeds inskryf en saamstap as groep, klub, vereniging of selfs as individu. Hoe meer deelnemers, hoe groter die vreugde! Bring uself, u gesin en natuurlik baie gees saam.

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 25 September 2026.

Kom wees deel van hierdie vrolike geleentheid – sien julle daar!

Vriendelike groete,

Doret Le Cornu
Bo-Karoo Opleiding”

Indien daar enige vrae oor die Karnaval is, kan dit aan arno@myorania.co.za gerig word.

Vriendelike groete,

Arno Lambrechts
Karnavalmeester

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste
105/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Uitvoerende Hoof
104/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Inligting en Skakeling
103/2026
(Uitgereik op: 20 August, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls