099/2026
5 Augustus 2026
Geagte Oraniƫrs,
KONSTUKSIEWERK IN DIAMANTLAAN
Opsomming : Daar gaan vanaf vandag, vir omtrent die volgende twee weke, uitgrawings in Diamantlaan gedoen word.
Inwoners word hiermee in kennis gestel dat konstruksiewerk vandag in Diamantlaan begin en dat dit na verwagting vir die volgende een tot twee weke sal duur. Die werk behels die herleiding van ou elektriese infrastruktuur wat binne die padarea geleƫ is.
Merkers sal aangebring word en daar sal met tye binne die padarea gegrawe moet word. Dit mag ook nodig wees om die pad tydelik te sluit terwyl sekere gedeeltes van die werk uitgevoer word.
Motoriste en voetgangers word versoek om versigtig te wees, konstruksieborde te gehoorsaam en, waar moontlik, alternatiewe roetes te gebruik.
Verdere kennisgewings oor moontlike kragonderbrekings sal uitgereik word sodra meer duidelikheid oor die omvang en tydsberekening van die werk beskikbaar is.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…