101/2026

OAB AJV OP 18 SEPTEMBER; OPENBARE KOMMENTAAR EN DEELNAME (FINANSIËLE STATE, AKTE VAN OPRIGTING EN GRONDGEBRUIKOOREENKOMS)

Uitgereik op: 12 August 2026
Maatskappysekretaris

0

OAB AJV OP 18 SEPTEMBER; OPENBARE KOMMENTAAR EN DEELNAME (FINANSIËLE STATE, AKTE VAN OPRIGTING EN GRONDGEBRUIKOOREENKOMS)

101/2026

12 Augustus 2026

Geagte Aandeelhouers,

OAB AJV OP 18 SEPTEMBER; OPENBARE KOMMENTAAR EN DEELNAME (FINANSIËLE STATE, AKTE VAN OPRIGTING EN GRONDGEBRUIKOOREENKOMS)

Opsomming: Met die opkomende Algemene Jaarvergadering (AJV) van OAB wat vir 18 September 2026 beplan word, moet aandeelhouers asseblief hiermee kennis neem van al die relevante finansiële state en van voorgestelde wysigings aan die Akte van Oprigting en aan die Grondgebruikooreenkoms, en moet opmerkings daaroor (indien van toepassing) ingedien word voor 24 Augustus 2026, sodat amptelike terugvoer daarop verkry kan word.

Alle OAB-aandeelhouers moet asseblief hiermee kennis neem van die Finansiële State vir die jaar geëindig 31 Desember 2025 t.o.v. die volgende entiteite:
– Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. – gekonsolideerd
– Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. – afsonderlik
– Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk. – afsonderlik
– Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. – afsonderlik
– Orasol (Edms.) Bpk. – afsonderlik

Bovermelde state is reeds aan die onderskeie direksies voorgelê en goedgekeur.

Al die bogenoemde state kan besigtig en afgelaai word deur die volgende skakel te volg en die relevante dokument te kliek: – https://myorania.co.za/dokumente/

Hiermee word u geleentheid gegun om deur die state te werk en kommentaar daarop te lewer. Alle kommentare se terugvoer sal deur die afsonderlike direksies onder bespreking gebring word en terugvoer sal aan elke individu wat kommentaar gelewer het, gegee word. So sal die kommentare met elkeen se terugvoer in die stukke van die Algemene Jaarvergadering, wat gehou gaan word op 18 September 2026, saam met die getekende finansiële state ingebind word vir kennisname deur alle aandeelhouers.

Geliewe asb. terugvoer en kommentaar te lewer voor of op Maandag 24 Augustus 2026 om 12:00.

Skriftelike kommentaar hieroor kan gestuur word aan OAB se Hoof van Korporatiewe Dienste, Janneman Roux, by e-pos adres janneman@myorania.co.za .

VOORGESTELDE GEWYSIGDE AKTE VAN OPRIGTING EN GRONDGEBRUIKOOREENKOMS

Geliewe ook hiermee die volgende dokumente te ontvang rakende die voorgestelde wysigings aan die Akte van Oprigting asook die Grondgebruikooreenkoms:
– Memorandum tot die voorgestelde wysigings tot die Akte van Oprigting
– Voorgestelde gewysigde Akte van Oprigting
– Voorgestelde gewysigde Grondgebruikooreenkoms

Ook hierdie bogenoemde dokumente kan besigtig en afgelaai word deur die volgende skakel te volg en op die relevante dokument te kliek: – https://myorania.co.za/dokumente/

Skriftelike kommentaar hieroor kan gestuur word aan OAB se Maatskappysekretaris, Jacques van Wyk, by e-pos adres jacques@myorania.co.za, voor of op Maandag 24 Augustus 2026 om 12:00.

Oraniagroete,

Janneman Roux – Hoof: Korporatiewe Dienste en
Jacques van Wyk – Maatskappysekretaris

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

102/2026
(Uitgereik op: 17 August, 2026)
Gemeenskapsdienste
100/2026
(Uitgereik op: 6 August, 2026)
Ingenieursdiente
099/2026
(Uitgereik op: 5 August, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls