102/2026

VAKANTE BETREKKING BINNE GEMEENSKAPSDIENSTE AS SKOONMAKER

Uitgereik op: 17 August 2026
Gemeenskapsdienste
Veilig

0

VAKANTE BETREKKING BINNE GEMEENSKAPSDIENSTE AS SKOONMAKER

102/2026

17 Augustus 2026

Geagte Oraniƫrs,

VAKANTE BETREKKING BINNE GEMEENSKAPSDIENSTE AS SKOONMAKER

Opsomming : Daar is ‘n pos beskikbaar as Skoonmaker by die Dorpsraad, in Gemeenskapsdienste se Skoonmaakdienste-span. Aansoeke daarvoor sluit Vrydag, 21 Augustus 2026.

Oor die pos

Die suksesvolle kandidaat sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ’n dinamiese en groeiende instelling wat daarna streef om ’n hoĆ« standaard van dienslewering te handhaaf.
Die Skoonmaker vorm deel van die Gemeenskapsdienstespan en rapporteer aan die Hoof van Gemeenskapsdienste.

Die pos behels onder andere die volgende verantwoordelikhede:
• Die handhawing van die algemene netheid en estetiese voorkoms van Orania.
• Skoonmaak en versorging van geboue van Orania Aandeleblok en sy filiale.
• Daaglikse skoonmaak en opruiming van die kombuis by die Orania Dorpskantoor.
• Weeklikse beplanning van werksaamhede, met inagneming van bestaande roetinetake en prioriteite.
• Daaglikse terugrapportering oor die toestand en netheid van buitegeboue.
• Rapportering van enige skade aan eiendom van die Dorpskantoor.
• Hantering van die aankoop, aanvulling en beheer van gebruiksvoorraad, insluitend toiletpapier en skoonmaakmiddels.
• Instandhouding en versorging van skoonmaakgereedskap en toerusting.
• Ondersteuning met huurtoerusting en verhuurde fasiliteite.
• Aftekening en kontrole van verhuurde geboue, waar nodig ook na ure en oor naweke.
• Ondersteuning tydens die Orania Karnaval.
• Ondersteuning tydens geleenthede wat deur Orania Dorpsraad gereĆ«l word.
• Ondersteuning tydens ander gemeenskapsgeleenthede.
• Uitvoering van enige ander billike opdrag wat van tyd tot tyd binne die werksomgewing gegee mag word.

Vereistes
Die ideale kandidaat moet oor die volgende beskik:
• ’n Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap, soos dit in Orania beoefen word.
• Die vermoĆ« om onder druk te funksioneer, verantwoordelikheid te neem en by sperdatums te hou.
• ’n Geldige bestuurslisensie.
• Bewese praktiese en tegniese vaardighede.
• Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede.
• Die vermoĆ« om goed as deel van ’n span saam te werk.
• Bereidwilligheid om, waar nodig, na ure en oor naweke diens te verrig.
• Die kandidaat moet reeds in Orania woonagtig wees of met die verblyfregproses besig wees.

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 21 Augustus 2026 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word, of per e-pos gestuur word aan arno@myorania.co.za of aan otto@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.

Diensaanvaarding: So gou moontlik.

Vriendelike groete,

Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

102/2026
(Uitgereik op: 17 August, 2026)
Gemeenskapsdienste
100/2026
(Uitgereik op: 6 August, 2026)
Ingenieursdiente
099/2026
(Uitgereik op: 5 August, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls