105/2026

NUWE WEBWERF VIR ORANIA REGSPLEGING

Uitgereik op: 24 August 2026
Uitvoerende Hoof

0

NUWE WEBWERF VIR ORANIA REGSPLEGING

105/2026

24 Augustus 2026

Geagte Oraniƫrs,

NUWE WEBWERF VIR ORANIA REGSPLEGING

Opsomming : Orania Regspleging se nuwe webwerf is beskikbaar by https://regspleging.co.za/. Inwoners kan hier meer inligting oor Orania Regspleging, sy werksaamhede, begronding en dienste bekom. ’n Afsonderlike inwonersportaal word tans finaal afgerond en behoort binnekort beskikbaar te wees.

Orania Regspleging is ’n unieke en besondere instelling van Orania wat in diens van geregtigheid ’n bydrae tot die gemeenskap lewer en ’n voordeel bied wat inwoners van min ander dorpe in Suid-Afrika op dieselfde vlak geniet.

Orania Regspleging het saam met Orania organies gegroei en is vandag steeds ’n groeiende instelling. Dit bestaan uit ’n Kantoor vir Regspleging wat vir die operasionele bestuur verantwoordelik is; ’n Regspaneel wat onafhanklik van die kantoor verkies word en ook onafhanklik funksioneer; en die Orania Regsraad wat ’n oorsigtelike en beleidmakende rol vervul.

In ’n groeiende gemeenskap moet hulpbronne verantwoordelik bestuur word en daarom word ’n proses van organiese en volhoubare groei van ons instellings gevolg. Dienste wat deur Orania Regspleging gelewer word, sluit onder meer die belangrike werk in om goeie orde te handhaaf – wat ook ’n voorwaarde vir beleggersvertroue is – asook die fasilitering van mediasies in geskille tussen inwoners.

Gedurende 2026, tot aan die einde van Julie, is reeds 93 dissiplinĆŖre klagtes gehanteer en 42 mediasies afgehandel. Ons is veral daarmee beĆÆndruk dat 96,7% van ons mediasies suksesvol afgehandel is, wat beteken dat die betrokke partye ’n skikking bereik het. Die uitsonderlike diens wat die Regspaneel hierin lewer, moet met dank beklemtoon word.

As deel van die voortdurende uitbreiding van Orania Regspleging se dienste is ’n webwerf ontwikkel waar inwoners relevante inligting en dokumente wat met Orania Regspleging verband hou, kan vind.

Ons is ook besig met die finale afronding van ’n portaal waartoe slegs inwoners toegang sal hĆŖ en waarop inligting oor onder meer dissiplinĆŖre verhore en gevalle waar verblyfreg opgehef is, geplaas sal word. Hierdie portaal behoort binnekort beskikbaar te wees.

Inwoners is welkom om https://regspleging.co.za/ te besoek en daar meer oor ons werksaamhede, begronding, vooruitsigte en ander relevante sake te lees.

Die doel is dat hierdie webwerf toenemend tot ’n gerieflike dienspunt sal ontwikkel en Orania Regspleging nóg meer toeganklik vir inwoners sal maak.

Vriendelike groete,

Jan van Zyl
Hoof – Regspleging

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste
105/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Uitvoerende Hoof
104/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Inligting en Skakeling
103/2026
(Uitgereik op: 20 August, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls