106/2026
24 Augustus 2026
Geagte Oraniƫrs,
DEPARTEMENT VAN INDIENSNEMING EN ARBEID DOEN HIERDIE WEEK INSPEKSIES IN ORANIA
Opsomming : Besigheidseienaars en ander werkgewers moet asseblief daarop let dat die Departement van Indiensneming en Arbeid vanaf Woensdag tot Vrydag (26ā28 Augustus) inspeksies by ondernemings in Orania gaan doen.
Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die Dorpsraad in kennis gestel dat hulle tans ān sogenaamde Blitz Inspection -projek in al die dorpe onder die jurisdiksie van die Petrusburg Arbeidsentrum uitvoer.
Die inspeksies vind vanaf 24 tot 28 Augustus in Petrusburg, Jacobsdal, Koffiefontein, Fauresmith, Jagersfontein, Luckhoff en Orania plaas. Woensdag, Donderdag en Vrydag (26ā28 Augustus) is spesifiek vir inspeksies by ondernemings in Orania geoormerk.
Volgens die Departement sal besighede en ander werkgewers in alle sektore, insluitend die landbousektor, besoek kan word.
Tydens die inspeksies sal voldoening nagegaan word aan onder meer die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Basic Conditions of Employment AcĀ ); Wet op Nasionale Minimumloon (National Minimum Wage Act); Werkloosheidsversekering; Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Compensation for Occupational Injuries and Diseases Act); en toepaslike sektorale vasstellings.
Werkgewers word dus aangeraai om daarvan kennis te neem en seker te maak dat toepaslike dokumentasie en inligting beskikbaar is indien hulle deur ān inspekteur besoek word.
Vriendelike groete,
Janneman Roux
Hoof : Korporatiewe Dienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…