118/2026

HERINNERING AAN DIE EERSTE “WELKOM IN ORANIA” FUNKSIE VIR NUWE INTREKKERS VANAAND OM 17H00 BY ROOIPOORT (VISDAMME)

Uitgereik op: 2 September 2026
Inligting en Skakeling

0

HERINNERING AAN DIE EERSTE “WELKOM IN ORANIA” FUNKSIE VIR NUWE INTREKKERS VANAAND OM 17H00 BY ROOIPOORT (VISDAMME)

118/2026

2 September 2026

Geagte Oraniƫrs,

HERINNERING AAN DIE EERSTE “WELKOM IN ORANIA” FUNKSIE VIR NUWE INTREKKERS VANAAND OM 17H00 BY ROOIPOORT (VISDAMME)

Opsomming : Alle nuwe inwoners word genooi om vanaand, Woensdag 2 September, tussen 17:00 en so 18:30, by Rooipoort te kom kuier. Rooipoort is in die straat wat by die sportgronde links draai waar die pad na die oewer toegemaak is vir opgradering.

Soos in Kennisgewing 114/2026 gekommunikeer was, vind die eerste van hopelik vele funksies vir nuwe intrekkers vanaand plaas en almal wat in die vorige jaar of so (of selfs langer gelede) na Orania getrek het, is welkom.

Ons hoor gereeld dat nuwe intrekkers, wat met ’n baie goeie gesindheid Orania toe gekom het en graag betrokke wil raak, selfs nĆ” ’n jaar of meer vertel dat hulle steeds ’n bietjie soos buitestaanders voel wat nog nie ordentlik ingeskakel het en regtig deel van die gemeenskap geword het nie. Met hierdie funksies poog ons om daardie situasie te verbeter! Kom gesels dus met ander nuwe intrekkers en maak vriende met inwoners wat in omtrent dieselfde posisie is.

Praktiese wenke gaan gedeel word en enige moontlike vrae sal beantwoord word. Let egter daarop dat hierdie nie ’n amptelike vergadering gaan wees nie, maar eerder ’n informele geselligheid en lekker kuier!

Hierdie keer gaan lede van ’n Bybelstudiegroep sorg vir ’n klompie verversings (koekies, ystee en glasies), so dis nie noodwendig nodig om iets saam te bring nie. Maar, aangesien dit moeilik is om voor die tyd te raai hoeveel inwoners die kuier gaan bywoon, is dit moontlik dat die verversings dalk nie heeltemal voldoende gaan wees nie, so, indien inwoners ’n versnapering sou wou saambring, is hulle baie welkom en sal dit waardeer word.

Ons vra egter wel dat mense asseblief hulle eie stoele sal bring indien moontlik.

Datum: Woensdag, 2 September 2026
Tyd: 17:00 tot ongeveer 18:30
Plek: Rooipoortpark (by die visdamme)
Bring saam: Eie stoele

Enige vrae hieroor kan gerig word aan Burger by die Dorpsraad, by 083 627 7555.

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

117/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Korporatiewe Dienste
116/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Ingenieursdiente
115/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls