118/2026
2 September 2026
Geagte Oraniƫrs,
HERINNERING AAN DIE EERSTE “WELKOM IN ORANIA” FUNKSIE VIR NUWE INTREKKERS VANAAND OM 17H00 BY ROOIPOORT (VISDAMME)
Opsomming : Alle nuwe inwoners word genooi om vanaand, Woensdag 2 September, tussen 17:00 en so 18:30, by Rooipoort te kom kuier. Rooipoort is in die straat wat by die sportgronde links draai waar die pad na die oewer toegemaak is vir opgradering.
Soos in Kennisgewing 114/2026 gekommunikeer was, vind die eerste van hopelik vele funksies vir nuwe intrekkers vanaand plaas en almal wat in die vorige jaar of so (of selfs langer gelede) na Orania getrek het, is welkom.
Ons hoor gereeld dat nuwe intrekkers, wat met ān baie goeie gesindheid Orania toe gekom het en graag betrokke wil raak, selfs nĆ” ān jaar of meer vertel dat hulle steeds ān bietjie soos buitestaanders voel wat nog nie ordentlik ingeskakel het en regtig deel van die gemeenskap geword het nie. Met hierdie funksies poog ons om daardie situasie te verbeter! Kom gesels dus met ander nuwe intrekkers en maak vriende met inwoners wat in omtrent dieselfde posisie is.
Praktiese wenke gaan gedeel word en enige moontlike vrae sal beantwoord word. Let egter daarop dat hierdie nie ān amptelike vergadering gaan wees nie, maar eerder ān informele geselligheid en lekker kuier!
Hierdie keer gaan lede van ān Bybelstudiegroep sorg vir ān klompie verversings (koekies, ystee en glasies), so dis nie noodwendig nodig om iets saam te bring nie. Maar, aangesien dit moeilik is om voor die tyd te raai hoeveel inwoners die kuier gaan bywoon, is dit moontlik dat die verversings dalk nie heeltemal voldoende gaan wees nie, so, indien inwoners ān versnapering sou wou saambring, is hulle baie welkom en sal dit waardeer word.
Ons vra egter wel dat mense asseblief hulle eie stoele sal bring indien moontlik.
Datum: Woensdag, 2 September 2026
Tyd: 17:00 tot ongeveer 18:30
Plek: Rooipoortpark (by die visdamme)
Bring saam: Eie stoele
Enige vrae hieroor kan gerig word aan Burger by die Dorpsraad, by 083 627 7555.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…