119/2026

TER WILLE VAN VEILIGHEID WORD SEKERE DELE VAN ORANIA SE KRAG TYDELIK AFGESIT

Uitgereik op: 4 September 2026
Inligting en Skakeling

0

TER WILLE VAN VEILIGHEID WORD SEKERE DELE VAN ORANIA SE KRAG TYDELIK AFGESIT

119/2026

4 September 2026

Geagte Oraniƫrs,

TER WILLE VAN VEILIGHEID WORD SEKERE DELE VAN ORANIA SE KRAG TYDELIK AFGESIT

Opsomming : Ter wille van veiligheid tydens die uitsonderlik ontstuimige weersomstandighede op die oomblik, word die kragtoevoer na gedeeltes van die Nywerheidsgebied en amper die hele Orania-Wes tydelik afgesit.

Soos inwoners weet, waai daar tans besonder sterk winde in Orania en word daar boonop later ook swaar reĆ«n verwag. Hierdie weersomstandighede het reeds vele groot bome omgewaai en strukture beskadig en het selfs ’n brand in die landbougebied veroorsaak.

Orania Veiligheidsdienste (OVD), Ingenieursdienste en Gemeenskapsdienste hanteer hierdie gevalle volgens prioriteit, en natuurlik speel veiligheid die grootste rol.

Sekere van die gevalle is beoordeel om op hierdie stadium ’n besondere risiko in te hou sover dit elektrisiteit betref. Daar is dus besluit om die kragtoevoer na die grootste gedeelte van die Nywerheidsgebied (insluitend tot by Duiker en die Werksgebou), asook na amper die hele Orania-Wes, tydelik af te sit.

Ons vra om verskoning aan diegene wat daardeur geraak word, maar gee die versekering dat alles moontlik gedoen word om die probleme op te los en die krag weer so spoedig moontlik aan te skakel sodra dit veilig is

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls