126/2026
15 September 2026
Geagte Oraniƫrs,
SWEMBAD MAAK WEER OOP – 18 SEPTEMBER
OPSOMMING : Orania se Gemeenskapswembad maak eerskomende Vrydag om 10:00 weer oop vir die seisoen.
Dis vir ons aangenaam om te kan aankondig dat die Orania Gemeenskapswembad weer open hierdie komende Vrydag die 18de September om 10:00.
Ons nooi alle inwoners en gaste uit om besoek af te lĆŖ by ons spogswembad wat gedurende die volgende ure beskikbaar is:
TYDENS SKOOLVAKANSIES en PUBLIEKE VAKANSIEDAE: Maandag tot Saterdag 10:00 tot 19:00 Sondae: 12:00 tot 17:00
TYDENS SKOOLTERMYNE: Maandag tot Saterdag: 14:00 TOT 19:00 Sondae: 12:00 tot 17:00
Ons het goedgedink om die kostestruktuur hierdie jaar te vereenvoudig. Ons kostes sien nou as volg daaruit:
DAAGLIKSE TOEGANG (ALLE PERSONE): Φ10 Ongeag van ouderdom
MAANDKAARTJIES: Φ65 per kind, Φ120 per volwassene, Φ250 per gesin
SONDAE: Gratis
Vir gereelde swemmers maak dit definitief sin om maandkaartjies te oorweeg. Maak gerus ‘n draai by die kiosk vir aankope.
Ondersteun dan ook sommer ons kiosk vir die heerlikste kos, koeldrank en vele meer. Let daarop dat hoewel toegang op Sondae gratis is, is die kiosk gesluit. Bring dus ‘n eie lafenis en selfs hout en ‘n vleisie vir ‘n lekker gesinsbraai.
Alle navrae rakende swem buite normale ure (soos byvoorbeeld vir kompeterende swemmers wat wil oefen) sowel as navrae rakende die gebruik van die terrein vir private funksies kan opgeneem word met Marieta Pringle by marieta@myorania.co.za of 082 264 1486.
Ons sien uit om tydens die komende swemseisoen luilekker namiddae saam met u te spandeer by Orania se spogswembad!
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Hoof: Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…