128/2026

VAKANTE BETREKKING BY DORPSRAAD AS OPTIESEVESELTEGNIKUS

Uitgereik op: 18 September 2026
Outomatisering en Digitalisering

0

VAKANTE BETREKKING BY DORPSRAAD AS OPTIESEVESELTEGNIKUS

128/2026

18 September 2026

Geagte Oraniƫrs,

VAKANTE BETREKKING BY DORPSRAAD AS OPTIESEVESELTEGNIKUS

Opsomming : Daar is ‘n pos beskikbaar as Optieseveseltegnikus by die Dorpsraad, in die afdeling Bedryfstelsels en Outomatisering. Aansoeke daarvoor sluit Vrydag, 2 Oktober 2026.

Oor die pos
Die suksesvolle kandidaat sal in diens van die Orania Dorpsraad wees, ‘n dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van tegnologie en dienslewering te wees, en sal diens lewer aan al die filiaalmaatskappye van die Dorpsraad van Orania, sowel as inwoners waar daar optieseveselaansluitings in werking gestel word.

Die pos sluit onder andere in:
* Splitsing (splicing) van optiesevesel kabels;
* Koƶrdinering van die uitrol van die optieseveselnetwerk;
* Dokumentering van die optieseveselprojek vordering;
* Administrasie van die optieseveselmeesterplan en splitsingplan;
* Aankoop van optieseveselmateriaal;
* Ondersteun die Ingenieursafdeling met die plasing van optiesevesel infrastruktuur soos hulse en mangate;
* Foutsporing en herstel van optieseveselnetwerk;
* Koƶrdineer koppelinge op aandeleblokke met inwoners;
* Koppel kabel van die straatkas tot in die gebou;
* Administreer databasis vir aandeleblokkekoppelings en aansluiting met internetdiensverskaffers

Vereistes vir ā€˜n suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:
* Toepaslike naskoolse kwalifikasie en minstes twee jaar ondervinding in splitsing (splicing) en instandhouding van optieseveselnetwerke;
* optiesevesel- en informasietegnologie tegnikus sertifisering sal ‘n sterk aanbeveling wees;
* moet beskik oor Gigabit Pasiewe Optiese Netwerk (GPON) kundigheid;
* moet beskik oor ‘n geldige bestuurderslisensie;
* beskik oor goeie kommunikasievaardighede, mondelings en skriftelik;
* werk verrig volgens beroepsveiligheidstandaarde;
* ervaring rakende installering en instandhouding van kameranetwerke sal voordelig wees;
* bereid wees om na-ure diens te lewer;
* bereid wees om op hoĆ« plekke en in klein spasies te werk wanneer installasie na ‘n gebou gedoen word;
* Inligting vertroulik hanteer;
* nougeset en sorgvuldig in sy/haar werk wees;
* moet onder druk kan funksioneer en by doeldatums kan hou;
* noukeurig let op fynere besonderhede;
* die vermoƫ om positiewe menseverhoudinge te handhaaf;
* goed individueel funksioneer, maar ook goed binne spanverband kan saamwerk;
* ā€˜n sterk verbintenis hĆŖ tot die strewe van Orania en ā€˜n verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap, soos in Orania beoefen word;
* oor verblyfreg in Orania beskik.

Aansoekproses
Aansoeke kan per e-pos of harde kopie ingedien word voor of op Vrydag 2 Oktober 2026 om 16:30. Harde kopieƫ moet by die Orania Dorpskantoor ingedien word en e-posaansoeke moet aan theunie@myorania.co.za gestuur word.

Vir enige navrae hieroor kan Theunie Kruger by 053 207 0063 gekontak word.

Vriendelike groete,

Theunie Kruger
Hoof : Bedryfstelsels en Outomatisering

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls