opmerkings

Hoe gaan ons Orania laat groei?

Opmerking/vraag: Hoe gaan ons ten minste 500 000 Afrikaners in Orania kry in die volgende 50 jaar. Dit is nie onmoontik. Ons land was omtrent in 30 jaar opgerig deur die Afrikaner.

Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.

Terugvoering

Dit is beslis ’n interessante vraag. Of Orania oor 50 jaar 500 000 inwoners sal hĆŖ, kan niemand vandag met sekerheid voorspel nie. Daar bestaan ook nie ’n amptelike bevolkingsdoelwit wat bepaal hoeveel inwoners Orania teen ’n bepaalde datum moet hĆŖ nie.

Wat wel gebeur, is dat daar vooruit beplan word om groei moontlik te maak. Munisipale infrastruktuur word byvoorbeeld tans met ’n bevolking van ongeveer 10 000 tot 15 000 inwoners in die mediumtermyn-toekoms in gedagte beplan (huidige populasie is ongeveer 3 000). Dit is nie ’n bevolkingsdoelwit nie, maar eerder ’n poging om te verseker dat infrastruktuur nie toekomstige groei onnodig beperk nie.

Wat ons ook weet, is dat Orania reeds oor ’n lang tydperk sterk gegroei het en dat verdere groei heel waarskynlik sal voortgaan indien die omstandighede daarvoor geskep word.

Die belangrike vraag is daarom dalk nie net hoe ons meer Afrikaners moet oortuig om Orania toe te trek nie, maar hoe ons ’n dorp en ekonomie bou wat uiteindelik baie meer mense kan akkommodeer. Dit vereis onder meer voldoende werksgeleenthede, bekostigbare behuising, infrastruktuur, skole, gesondheidsdienste, sake- en beleggingsgeleenthede en natuurlik genoeg ruimte vir verdere ontwikkeling.

Groei op só ’n skaal kan dus nie deur een veldtog of instelling bewerkstellig word nie. Dit sal oor dekades heen die gevolg moet wees van duisende entrepreneurs, beleggers, ontwikkelaars, werknemers, gesinne en gemeenskapsinstellings wat elkeen help om Orania se kapasiteit uit te brei.

Die Dorpsraad se besondere verantwoordelikheid binne hierdie groter prentjie is om vooruit te beplan en te sorg dat munisipale dienste, infrastruktuur en ruimtelike ontwikkeling tred kan hou met groei.

Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat die totstandkoming van Suid-Afrika waarna jy verwys, in ’n heel ander historiese, internasionale en regsomgewing plaasgevind het. In daardie era was dit wettig, en dus algemeen, om nuwe state te vestig en/of om staatsgrense te verskuif, wat nie meer vandag die geval is nie. Ons kan daarom nie dink dat dit wat in ’n vorige tydvak binne enkele dekades moontlik was, op dieselfde wyse in die huidige wĆŖreldorde sal ontvou nie.

Dit beteken egter nie dat ons minder ernstig oor die langtermyn-toekoms van Orania hoef te dink of minder ywerig daaraan moet bou nie. Ons moet doen wat binne ons vermoë is: bou, beplan, werk, belê en instellings vestig wat die Afrikanergemeenskap hier toenemend kan dien. Maar uiteindelik doen ons dit steeds in afhanklikheid van ons God, wat die lotgevalle van nasies beskik. Ons vertrou daarom op die Here om ook Orania en ons volk se toekoms volgens Sy volmaakte plan te laat ontvou.

Ons verwelkom dus beslis die groter vraag wat agter jou plasing lĆŖ: Wat moet ons vandag reeds doen om seker te maak dat Orania oor 10, 20 of 50 jaar ’n veel groter Afrikanergemeenskap suksesvol kan huisves? Dit is ’n gesprek waarin inwoners, ondernemings en instellings almal ’n waardevolle bydrae kan lewer - en ons hoop jy hou aan om aktief daaraan deel te neem!

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

140/2026
(Uitgereik op: 16 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
139/2026
(Uitgereik op: 15 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
138/2026
(Uitgereik op: 12 October, 2026)
Ingenieursdiente
137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am
16
Dec
25
Dec

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls