140/2026

OVR-VERKIESING: REGISTREER BETYDS OM JOU STEM TE KAN UITBRING

Uitgereik op: 16 October 2026
Uitvoerende Hoof

0

OVR-VERKIESING: REGISTREER BETYDS OM JOU STEM TE KAN UITBRING

140/2026

16 Oktober 2026

Geagte Oraniƫrs,

OVR-VERKIESING: REGISTREER BETYDS OM JOU STEM TE KAN UITBRING

Opsomming: In hierdie skrywe verduidelik die Orania Verkiesingskommissie (OVK) kortliks waarom ons plaaslike verkiesings – soos die een op 4 November – so belangrik is, en hoe om daarvoor te registreer (spertyd vir kiesersregistrasie is volgende Woensdag, 21 Oktober om 15:30).

Inleiding

OraniĆ«rs weet dat ons dorp meer is as net ’n plek waar ons woon. Dit is ’n gemeenskap wat deur mense se geloof, harde werk, diens en betrokkenheid opgebou en beskerm word. Elke dag dra inwoners op verskillende maniere by tot die vryheid, veiligheid en toekoms van ons dorp – dikwels sonder dat dit raakgesien word. Deelname aan ons verkiesings is ’n baie belangrike deel van daardie betrokkenheid, en soveel as moontlik OraniĆ«rs moet daaraan deelneem.

Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) is veral vir ons belangrik omdat dit ons gemeenskap se hoogste verkose liggaam is, wat onder meer daarvoor verantwoordelik is om interne samehang tussen Orania se verskillende gebiede en instellings te bevorder, om Orania se unieke staatkundige status te beskerm en om verdere staatkundige ontwikkeling te bevorder.

Die komende OVR-verkiesing, waartydens inwoners weer die geleentheid kry om te bepaal wie hulle in die OVR sal verteenwoordig, vind op Woensdag 4 November 2026 plaas, maar kiesersregistrasie sluit reeds op Woensdag 21 Oktober.

Wie is stemgeregtig?

Persone wat wil registreer om in die verkiesing te stem, moet op 4 November reeds 18 jaar of ouer wees, langer as drie maande in Orania woon en oor verblyfreg beskik.

Hoe registreer iemand om te kan stem?

Kry ’n vorm by die poskantoor, voltooi dit en handig dit daar in teen Woensdag 21 Oktober 2026 om 15:30. Indien inwoners dit moeilik vind om self by die poskantoor uit te kom, kan hulle ’n e-pos na oraniaverkiesingskommissie@gmail.com stuur om ander reĆ«lings te tref. Die poskantoor se kantoorure op weeksdae is: 08:30–12:30 en 13:30–15:30.

Indien u reeds voorheen as kieser geregistreer was, behoort u naam steeds op die kieserslys te wees. Ons moedig u egter aan om dit betyds te bevestig, sodat enige moontlike probleme voor die sluitingsdatum uitgestryk kan word.

Ontmoet die kandidate

Op Dinsdag 27 Oktober om 18:00 by die Gemeenskapsaal is daar ’n geleentheid om meer oor die kandidate uit te vind en vrae aan hulle te stel.

Slot

Die verkiesingsproses verseker dat inwoners self bepaal wie hulle gemeenskap op onder meer politieke en staatkundige vlak verteenwoordig, maar die verantwoordelikheid om Orania verder uit te bou, bly natuurlik steeds iets wat ons almal saam dra.

Aangesien Orania se toekoms aan ons almal behoort, moet ons saam registreer, saam stem en saam verantwoordelikheid neem vir die gemeenskap wat ons koester.

Vriendelike groete,

Orania Verkiesingskommissie (OVK)

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

140/2026
(Uitgereik op: 16 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
139/2026
(Uitgereik op: 15 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
138/2026
(Uitgereik op: 12 October, 2026)
Ingenieursdiente
137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am
16
Dec
25
Dec

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls