134/2026

’n KORT VERSLAG VANAF DIE OVR OOR ONLANGSE SKAKELING TUSSEN ORANIA EN SUID-AFRIKAANSE OWERHEDE (AAN DIE HAND VAN TERUGVOER AAN DIE GEMEENSKAP OP 10 SEPTEMBER 2026)

Uitgereik op: 6 October 2026
Uitvoerende Hoof

0

’n KORT VERSLAG VANAF DIE OVR OOR ONLANGSE SKAKELING TUSSEN ORANIA EN SUID-AFRIKAANSE OWERHEDE (AAN DIE HAND VAN TERUGVOER AAN DIE GEMEENSKAP OP 10 SEPTEMBER 2026)

134/2026

6 Oktober 2026

Geagte Oraniërs,

’n KORT VERSLAG VANAF DIE OVR OOR ONLANGSE SKAKELING TUSSEN ORANIA EN SUID-AFRIKAANSE OWERHEDE (AAN DIE HAND VAN TERUGVOER AAN DIE GEMEENSKAP OP 10 SEPTEMBER 2026)

Nota – Hierdie kennisgewing vanaf die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) word hier op die Dorpsraad se kanale versprei sodat soveel as moontlik Oraniërs daarvan bewus sal wees.

Opsomming : Die OVR gee hiermee ‘n opdatering aan Oraniërs oor die huidige stand van gesprekke met Suid-Afrikaanse owerhede, wat onlangs plaasgevind het en redelik binnekort weer sal voortduur.

1. Inleiding:
Hierdie verslag is soos die bespreking van ’n vervolgverhaal waarvan die laaste hoofstukke nog geskryf moet word. Ons weet dus nie hoe die einde lyk nie, maar ons moet reeds oor die verloop besin, veral omdat ons wil verseker dat dit ’n goeie afloop het.

2. Gebeure:
Op 28 Julie 2026 ontvang Orania besoek van ’n Suid-Afrikaanse regeringsafvaardiging bestaande uit verteenwoordigers van die nasionale en provinsiale departemente wat met munisipale regering werk, die Landmetergeneraal, sowel as Thembelihle plaaslike munisipaliteit (Hopetown) en Pixley ka Seme distriksmunisipaliteit (De Aar). Dit is op redelike kort kennisgewing en sonder ’n sakelys, maar ’n verkennende gesprek word wel gevoer, waarna ooreengekom word dat ’n opvolgbesoek met die nodige sakelys en voorbereiding op 25 Augustus 2026 sal plaasvind.

Op 25 Augustus 2026 ontvang Orania toe ’n vergrote regeringsafvaardiging, wat nou ook amptenare van Waterwese, Omgewingsake, die Munisipale Afbakeningsraad, en ander insluit. Voorleggings word van albei kante gedoen en hulle houding kan opgesom word as dat hulle nie Orania se bestaan betwis nie, maar van ons verwag om by die huidige munisipale bedeling in te skakel. Die vergadering sluit af met ’n reëling dat spesifieke kwessies verder in kleiner komitees bespreek sal word en dat politieke kwessies aan politiek prosesse opgedra moet word. Ons vestig die hulle aandag daarop dat dit presies aansluit by die proses rakende Orania se munisipale status wat in 2001 gevorder het tot waar ’n verslag aan die regering oorhandig is, en dat ons steeds op ’n antwoord gewag het. Ons vertrou dat dit nou voortgesit en dalk afgehandel kan word.

3. Teks:
Die “teks” van die verhaal bestaan uit ons voorleggings aan hulle, hulle voorleggings aan ons, en die hofbevel van 4 Desember 2000. (Ons voorleggings aan hulle, is by hierdie skakel beskikbaar.)

Die grondliggende vraag waarop Orania geantwoord het, is of Orania en Suid-Afrika se sienings van vryheid noodwendig botsend is. Hoewel dit duidelik botsend kan wees, verkies Orania nog altyd ’n verhouding van wedersydse erkenning en respek, wat dit moontlik maak om die twee aansprake te harmoniseer. Teen dié agtergrond het ons die aanloop tot en die stand van Orania se huidige status en ooreenkomste met o.m. Thembelihle en Pixley ka Seme uiteengesit, en verwys na die hele era sedert die grondwetlike onderhandelings van die 1990’s en die munisipale oorgangsbedeling ná 1995. Die belangrikste punt was dat Orania vóór die oorgangsbedeling bestaan het, tydens die oorgangsbedeling erken is, en ná die oorgangsbedeling steeds sy selfstandige plek inneem, iets waarvoor die SA grondwet ook voorsiening maak en waarop Orania deurgaans aanspraak gemaak het.

Die regeringsafvaardiging se tekste het uit die volgende drie afdelings bestaan: Eerstens die feit dat daar soveel as 17 wette is wat plaaslike regering reël, maar dat nie een vir ’n uitsondering soos Orania voorsiening maak nie. Daarop is in besonderhede ingegaan en het hulle vanuit verskeie staatsdepartemente voorleggings gemaak. Tweedens hou hulle rekenig met die hofbevel van 4 Desember 2000, en met die feit dat daar nog nie volledig gevolg aan gegee is nie. Derdens het hulle ons aandag gevestig op die 2025/6 Witskrif vir Plaaslike Regering, wat ten doel het om die munisipale stelsel van Suid-Afrika grondig te hervorm. Dit bied, na hulle mening, vir Orania die geleentheid om sy behoorlike plek in die stelsel op te neem – wat dit dan ookal mag behels.

4. Subteks
Die subteks – wat mens as ’t ware tussen die lyne lees – sluit in dat Orania om minstens twee redes weer in die kollig is. Die eerste is Orania se groei en sukses van die afgelope 25 jaar, wat nie ongesiens verbygegaan het nie. Die tweede is die feit dat Thembelihle in finansiële nood verkeer, en dit by ondersoek blyk dat Orania nie deur Thembelihle vir munisipale heffings aangeslaan word nie. Orania se selfstandige dienslewering, ons status as oorlegsone en bestaande ooreenkomste oor dienste en heffings word meegedeel en bespreek, maar dit is nie wat hulle wil hoor nie.

Hoewel die ontmoeting meeestal in goeie gees plaasvind, kry mens die gevoel dat hulle Orania op terme wil plaas. Die argument dat Orania inderdaad, maar op ’n eiesoortige manier by die huidige munisipale bedeling ingeskakel is, val grootliks op dowe ore, deels vanweë onkunde en deels vanweë onwilligheid om ons punt in te sien. Van Orania se kant moes geblyk het dat ons vriendelik, dog onversetlik is en dat daar geen “deurbraak” op hande is om ons volgens die besoekers se voorkeure by die huidige munisipale orde et laat inskakel nie.

5. Konteks
Hoewel mens met so ’n besoek dadelik aan die komende munisipale verkiesings dink, is dit belangrik om daarop te let dat dit in hierdie geval op inisiatief van die amptenary plaasgevind het en nie soseer aan politieke wisselvallighede uitgeleweris nie. Wat baie belangrik geblyk te wees het, is ’n nuwe Hersiende Witskrif vir Plaaslike Regering, wat in Mei vanjaar gepubliseer is. Dit is die eerste poging is sedert 2000, toe die nuwe plaaslike regeringsbedeling in werking getree het, om die mislukking wat daarop gevolg het, aan te spreek. Daar word verreikende voorstelle gemaak en ons moet daarvan kennis neem wanneer ons oor Orania se strategie besin.

6. Gevolgtrekking
Die plaaslike regeringsomgewing verander weer en dit hou ongelukkig risikos, maar gelukkig ook geleenthede in. Orania moet gereed wees om te hou wat ons het en te druk vir meer. Ons moet in die proses ons interne posisie versterk, ons risikos verreken en ’n gunstiger munisipale omgewing probeer bevorder. Daarvoor het die OVR elke Oraniër se voorbidding en ondersteuning nodig.

Vriendelike groete,

Riaan Jacobs
OVR Voorsitter

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

140/2026
(Uitgereik op: 16 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
139/2026
(Uitgereik op: 15 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
138/2026
(Uitgereik op: 12 October, 2026)
Ingenieursdiente
137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am
16
Dec
25
Dec

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls