135/2026

PUBLIEKE DEELNAME OOR STRAATNOMMERS VIR ALLE PERSELE IN OAB

Uitgereik op: 9 October 2026
Beplanning en Grondgebruik

0

PUBLIEKE DEELNAME OOR STRAATNOMMERS VIR ALLE PERSELE IN OAB

135/2026

9 Oktober 2026

Geagte Oraniƫrs,

PUBLIEKE DEELNAME OOR STRAATNOMMERS VIR ALLE PERSELE IN OAB

Opsomming: Elke perseel in die Orania Aandeleblok (OAB) se dorpsgebied gaan voortaan ook ’n straatnommer kry wat logies op ander straatnommers volg (maar aandeelbloknommers sal nogsteeds bestaan en kan ook vir amptelike korrespondensie gebruik word). Daar is ’n openbare deelnameproses hieroor tot Vrydag 30 Oktober 2026.

Soos inwoners van Orania goed weet, is dit dikwels, selfs vir diegene wat al lank hier woon, moeilik om ’n spesifieke aandeelblok op te spoor omdat die nommers in baie gevalle nie meer logies op mekaar volg nie. Hierdie situasie het oor die jare ontstaan weens prosesse soos konsolidasies, onderverdelings en die hergebruik van ou nommers op nuwe plekke.

Die huidige situasie veroorsaak gereeld probleme vir byvoorbeeld toeriste, maar ook (en meer ernstig), vir Orania Veiligheidsdienste (OVD), wat in noodgevalle soms nie dadelik die erf waarna hulle soek, kan opspoor nie.

Daar is dus besluit om aan elke aandeelblok in die OAB-gebied ook ’n logiese straatnommer toe te ken. Daar word voorsien dat hierdie nuwe straatnommers op huise se sypaadjies, hekke of mure aangebring sal word in plaas van aandeelbloknommers, sodat dit vir almal baie makliker sal wees om hul bestemmings te vind.

Aandeelbloknommers sal egter steeds bestaan en sal saam met die nuwe straatnommers op dokumente soos diensterekeninge en aandeelbloksertifikate verskyn.

Inwoners wat wil sien wat hul nuwe straatnommers gaan wees, kan gerus hierdie skakel volg (https://myorania.co.za/wp-content/uploads/Voorgestelde-straatnommers-Register-Kaarte-en-Beleid-vir-Publieke-deelnameproses-Oktober-2026.pdf) na ’n dokument wat die volgende bevat:
* ’n Register van alle aandeelbloknommers en die gepaardgaande nuwe straatnommers.
* Kaarte van die hele OAB-gebied waarop alle aandeelbloknommers en straatnommers aangedui word.
* Die straatnommerbeleid, wat verduidelik hoe straatnommers toegeken word.

Opmerkings oor die nuwe straatnommerstelsel kan tot Vrydag 30 Oktober 2026 per e-pos aan cobus@myorania.co.za gestuur word, of telefonies (053 207 0063) of per fisiese afspraak met Cobus Pretorius bespreek word.

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Hoof: Beplanning & Grondgebruik

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

140/2026
(Uitgereik op: 16 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
139/2026
(Uitgereik op: 15 October, 2026)
Uitvoerende Hoof
138/2026
(Uitgereik op: 12 October, 2026)
Ingenieursdiente
137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am
16
Dec
25
Dec

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls