140/2026
16 Oktober 2026
Geagte Oraniƫrs,
OVR-VERKIESING: REGISTREER BETYDS OM JOU STEM TE KAN UITBRING
Opsomming: In hierdie skrywe verduidelik die Orania Verkiesingskommissie (OVK) kortliks waarom ons plaaslike verkiesings ā soos die een op 4 November ā so belangrik is, en hoe om daarvoor te registreer (spertyd vir kiesersregistrasie is volgende Woensdag, 21 Oktober om 15:30).
Inleiding
OraniĆ«rs weet dat ons dorp meer is as net ān plek waar ons woon. Dit is ān gemeenskap wat deur mense se geloof, harde werk, diens en betrokkenheid opgebou en beskerm word. Elke dag dra inwoners op verskillende maniere by tot die vryheid, veiligheid en toekoms van ons dorp ā dikwels sonder dat dit raakgesien word. Deelname aan ons verkiesings is ān baie belangrike deel van daardie betrokkenheid, en soveel as moontlik OraniĆ«rs moet daaraan deelneem.
Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) is veral vir ons belangrik omdat dit ons gemeenskap se hoogste verkose liggaam is, wat onder meer daarvoor verantwoordelik is om interne samehang tussen Orania se verskillende gebiede en instellings te bevorder, om Orania se unieke staatkundige status te beskerm en om verdere staatkundige ontwikkeling te bevorder.
Die komende OVR-verkiesing, waartydens inwoners weer die geleentheid kry om te bepaal wie hulle in die OVR sal verteenwoordig, vind op Woensdag 4 November 2026 plaas, maar kiesersregistrasie sluit reeds op Woensdag 21 Oktober.
Wie is stemgeregtig?
Persone wat wil registreer om in die verkiesing te stem, moet op 4 November reeds 18 jaar of ouer wees, langer as drie maande in Orania woon en oor verblyfreg beskik.
Hoe registreer iemand om te kan stem?
Kry ān vorm by die poskantoor, voltooi dit en handig dit daar in teen Woensdag 21 Oktober 2026 om 15:30. Indien inwoners dit moeilik vind om self by die poskantoor uit te kom, kan hulle ān e-pos na oraniaverkiesingskommissie@gmail.com stuur om ander reĆ«lings te tref. Die poskantoor se kantoorure op weeksdae is: 08:30ā12:30 en 13:30ā15:30.
Indien u reeds voorheen as kieser geregistreer was, behoort u naam steeds op die kieserslys te wees. Ons moedig u egter aan om dit betyds te bevestig, sodat enige moontlike probleme voor die sluitingsdatum uitgestryk kan word.
Ontmoet die kandidate
Op Dinsdag 27 Oktober om 18:00 by die Gemeenskapsaal is daar ān geleentheid om meer oor die kandidate uit te vind en vrae aan hulle te stel.
Slot
Die verkiesingsproses verseker dat inwoners self bepaal wie hulle gemeenskap op onder meer politieke en staatkundige vlak verteenwoordig, maar die verantwoordelikheid om Orania verder uit te bou, bly natuurlik steeds iets wat ons almal saam dra.
Aangesien Orania se toekoms aan ons almal behoort, moet ons saam registreer, saam stem en saam verantwoordelikheid neem vir die gemeenskap wat ons koester.
Vriendelike groete,
Orania Verkiesingskommissie (OVK)
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…