Beelde en die Christen-waarheid
Verbod in die Gebod
āJy mag vir jou geen gesnede beeld maak⦠jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nieā
ā Eksodus 20:4ā5
God het geen gedaante gegee nie
āJulle het die stem van woorde gehoor, maar geen gedaante gesien nie⦠sodat julle nie vir julle ān gesnede beeld maak nieā
ā Deuteronomium 4:12, 15ā16
Eer aan God alleen
āMy eer gee Ek aan geen ander nie, ook nie my lof aan gesnede beelde nieā
ā Jesaja 42:8
Mensgemaakte beelde kan nie God of heiligheid verteenwoordig nie
āOns behoort nie te dink dat die Godheid aan goud of silwer of klip gelyk is, ān beeld gevorm deur mense se kuns en vinding nieā
ā Handelinge 17:29
---
šÆ Samevatting
ān Beeld op ān duur platform, hoog bo die grond, wat in seremonies vereer word, bots direk met hierdie beginsels.
Die gebod verbied dit.
God het bewus geen figuur gegee.
Hy deel Sy eer met geen ander nie.
Baie dankie vir hierdie opregte inset oor die wenslikheid, al dan nie, van beelde in ons Christen-Afrikaner-gemeenskap.
Daar is heelwat OraniĆ«rs wat breedweg hierdie standpunt deel, maar daar is natuurlik ook baie ander OraniĆ«rs (ān meerderheid) wat met ewe veel opregtheid (en ook met Bybelse motivering) glo dat die blote teenwoordigheid van beelde geen probleem is nie, solank daar geen aanbidding daarvan plaasvind nie.
Die eerste groep voel dat die Kruger-standbeeld, wat eersdaags in Orania opgerig gaan word, neerkom op verafgoding van die persoon, terwyl die tweede groep voel dat President Kruger net ān simbool van ons volk se strewe na vryheid is en dat geen aanbidding van hom plaasvind nie.
Ons weet dat beide groepe die bona fides van die ander sal erken, en dat die feit dat almal saamstem dat die Drie-Enige God die lot van ons volk bepaal en dat Jesus Christus ons elkeen se persoonlike Verlosser is, sal verseker dat ons as verenigde gemeenskap ons gesamentlike doelwit van vryheid tot God se eer sal aanhou nastreef, ten spyte van die interne meningsverskil oor hierdie spesifieke punt.
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…