klagtes

Beskuldigde van minora lem aanval nog in Orania

Goeiedag, ek het verneem dat die beskuldigde wat n ander meisie met n minora lem aangeval en beseer het steeds in Orania woon en werk ten spyte daarvan dat haar verblyfreg opgehef is.

Is daar n sekere tyd gekoppel wanneer sy die dorp verlaat of weier sy om die dorp te verlaat?

Kan die dorpsraad dalk die gemeenskap op hoogte bring van die feite rondom haar verblyfreg?

Indien sy weier om die dorp te verlaat moet die gemeenskap eintlik by haar werksplek opdaag en eis dat sy die dorp verlaat.

Hierdie gaan n presedent skep vir toekomstige oortreders as sy net in die dorp aanbly.

Dít is wat Orania anders maak. Ons duld nie mense wat n gevaar vir ons inwoners is nie. As nodig moet die gemeenskap hulle self uitwerk (wegjaag)

Terugvoering

Orania Dorpsraad glo in 'n ordelike gemeenskap, waar ernstige oortredings nie oor die hoof gesien word nie, maar aangespreek word. Vir hierdie rede het die Dorpsraad, met die samewerking van al die ander grondentiteite in Orania, meegewerk om Orania Regspleging daar te stel. Oortredings word dan voor 'n onafhanklike paneel (Regspaneel), wat nie aan die kantoor verbonde is nie, geplaas en alle partye word aangehoor.

In hierdie spesifieke geval is die slagoffer inderdaad ernstige steek- en snywonde op haar gesig, keel en bors aangedoen en waarvoor die oortreder (Meriesa Beck) voor die Regspaneel verhoor is. Die Regspaneel het tot dieselfde bevinding as die Landdroshof (waar die oortreder ook verhoor is) gekom, naamlik dat sy skuldig aan aanranding met die doel om ernstig te beseer is. Haar Verblyfreg is opgehef. Dit dien wel vermeld te word dat daar nie bewyse voorgehou was dat die wapen in die aanval gebruik spesifiek 'n "Minora lem" was nie.

Dit is korrek dat Meriesa Beck reeds die dorp moes verlaat, maar ten spyte van haar onderneming met haar aansoek om Verblyfreg om wel aan die reëls en dissiplinêre prosesse van Orania te voldoen, weier sy egter nou om dit te doen.

Hierdie omstandighede waar sy weier om aan Orania se reëls gehoor te gee is inderdaad nie aanvaarbaar nie. Die gemeenskap is ook reeds by wyse van kennisgewing ingelig dat sy die dorp moes verlaat en versoek om nie aan haar enige vorm van werk of verblyf te gee nie. Meriesa Beck word egter deur haar ma ondersteun en van werk by die "Troeteldier en Hengelparadys" voorsien.

Die Dorpsraad gaan in die lig van voormelde voort met gepaste regstappe teen Meriesa Beck, sowel as haar ouers wat nie Orania se Verblyfregbeleid nakom nie. Dit is jammer dat ons moes kennis neem van vals bewerings deur onder andere Meriesa Beck se ma wat nie met die gegewe feite strook nie en moet daar noodgedwonge in hierdie verband ook opgetree word.

Dit mag ongelukkig gebeur dat daar soms inwoners is wat hulself bo die belange van die gemeenskap plaas, maar is ons dankbaar dat die oorgrote meerderheid inwoners 'n ordelike en veilige gemeenskap en die prosesse wat dit help vestig ondersteun.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente
207/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
206/2025
(Uitgereik op: 3 November, 2025)
Algemeen
205/2025
(Uitgereik op: 31 October, 2025)
Maatskappysekretaris

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

8
Nov
Saturday 8 November, 2025
8:30 am
10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…