Die sypaadjie Vanaf Volkskool op in Smaragstraat verby OSK, die winkelsentrum tot bo na die draai se bome is in 'n baie slegte toestand.
1. Kleiner bome groei skeef en word nie ondersteun deur 'n regop paal nie.
2. Party bome is dood en word nie vervang nie.
3. Meeste bome se lote van onder van die stam af word nie afgesny en instand gehou nie.
4. Die gras om dit word baie selde gesny en in stand gehou.
5. Die beddings om die bome word nie skoongemaak nie en loop die besproeiingswater gou-gou oor die rant.
Hierdie sypaadjie is in die oog en lyk glad nie goed nie.
Dankie.
Terugvoer vanaf Gemeenskapsdienste:
1. Ons ondersteun gereeld al die boompies wat skeef groei. Ongelukkig met die onlangse sterk winde moet ons nog tyd vind om daardie spesifieke bome weer te gaan ondersteun.
2. Daardie bome was oorspronklik heeltemal te naby aan mekaar geplant wat beteken dat daar uiteindelik heelwat van hulle verwyder sal moet word. Daarom vervang ons nie sommer daardie bome nie, sou hulle doodgaan om sodoende die digtheid bietjie te verminder.
3. Opskietlote word gereeld gesny regdeur Orania. Ongelukkig soos per punt 1 is ons onder baie druk om by alles uit te kom. Ons bevind ons tans in die hoogtepunt van die groeiseisoen en daar is net eenvoudig nie genoeg mannekrag om by alles uit te kom so vinnig as wat mens sal wil nie.
4. Die gras onder die bome daar by Smaraglaan word eintlik baie gereeld gesny. Ons het daardie spesifieke terrein juis verlede week gesny. Hierdie tyd van die jaar vind mens egter dat as jy vir twee weke nie daar uitgekom het nie, dan lyk die plek klaar slordig. Intussen moet ons die hele res van die dorp se sypaadjies en tuine in stand hou met 'n handjievol manne, so dit kom maar weer neer op arbeid.
5. Ons wil graag heeltemal wegdoen met die beddings om daardie bome en dan die besproeiing aanpas na opspring spuite om sodoende nie net die bome self nie, maar ook die hele omliggende terrein, water te gee. sodoende kan mens dan 'n mooi groen strook langs die pad skep wat nie net bestaan uit die bome self nie. Dis weereens net om tyd te vind om die omskakeling te kan doen wat die uitdaging is. Op die oomblik gee ons nie eintlik om as die water bietjie uitloop nie want dan bereik ons solank daardie doel.
As mens so kyk na bogenoemde antwoorde, dan is dit duidelik dat arbeid ons kardinale uitdaging is. Ons het maar 10 manne op die grond, wat nie net die hele dorp se instandhouding nie, maar ook opgraderings, begrafnisse, verhurings, herstel van tegniese foute en 'n hele rits ander uitdagings moet hanteer.
Ons wil nie hiermee onsself verontskuldig of enige iets dergeliks nie. Ons neem die dorp se netheid ernstig op en ons doen ons bes om heeltyd te verbeter. Daarom is terugvoer soos hierdie vir ons waardevol en maak ons gedurig aantekeninge van waar ons kan verbeter.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…