opmerkings

Die toegangshekke is gevaarlik

Die toegangshekke is uiters gevaarlik want dit laat Oraniërs weerloos langs die R369 terwyl hulle hul voertuie moet verlaat om dikwels beide hekke oop en toe te maak. Ontvoering en kapings is maar twee moontlike bedreigings.

 

Verder veroorsaak dit dat voertuie dikwels in die kruisiging staan en wag vir n voorste kar om hekke oop en toe te maak.

 

Beman die hekke of laat dit oop deur die nag.

 

Dit is tog logies.

Terugvoering

Dankie vir die uitlig van u bekommernisse oor die toegangshekke.

Neem egter asb in ag dat die manier hoe die hekke tans hanteer word in groot detail oorweeg is deur die verskeie rolspelers in Orania se weerbaarheid-strukture en dat die huidige manier van dinge doen nie sommer ligtelik op besluit is nie. Die praktiese uitvoerbaarheid, kostes en wettigheid van verskillende opsies is teenoor mekaar opgeweeg, en in lig van die vlakke van verskillende soorte gevare wat in onlangse professionele risiko-analises geïdentifiseer is, is besluit dat die toemaak van hekke snags, sonder om dit te sluit, tans die beste opsie is.

Let ook gerus op die kennisgewing hieronder oor hierdie onderwerp, wat in die vorige paar dae aan die inwoners van Orania gestuur is :

"084/2025

25 April 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

ORANIA SE TOEGANSHEKKE IN DIE AAND

Opsomming: Die toegangshekke aan beide kante van die R369 by die hoof-ingang tot die dorp, asook by die Servituutpad, moet in die aand toegehou word.

Orania Veiligheidsdienste (OVD) wil Oraniërs hiermee daaraan herinner dat die toegangshekke 'n kritieke rol speel in die beveiliging van die dorp. Al word die hekke op hierdie stadium nie snags gesluit nie, is dit baie belangrik dat dit toegemaak word, want die personeel in die beheerkamer kan dan maklik mense identifiseer wat die hekke fisies oopstoot.

Die hekke is ook vir wetlike doeleindes nuttig, want dit maak dit makliker om die betreding van privaat eiendom (soos Orania) te definieer en suksesvol af te dwing.

Die Dorpsraad se afdeling Gemeenskapsdienste poog om die hekke goed in stand te hou en die oop- en toemaakproses so geruisloos moontlik te laat verloop, sodat inwoners daar naby nie gesteur word nie.

Alle inwoners word dus versoek om asseblief die hekke toe te maak indien hulle gedurende die nag – tussen 22:00 en 05:00 – daardeur beweeg. Indien u ’n hek gedurende hierdie tyd oop aantref, sal dit opreg waardeer word as u dit weer toemaak.

U samewerking in hierdie verband word hoog op prys gestel.

Vriendelike groete,

Ettiene De Lange

Hoof : OVD"

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

099/2025
(Uitgereik op: 20 May, 2025)
Ingenieursdiente
098/2025
(Uitgereik op: 20 May, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
097/2025
(Uitgereik op: 16 May, 2025)
Orania Veiligheidsdienste
096/2025
(Uitgereik op: 13 May, 2025)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

29
May
Thursday 29 May, 2025
Algemeen
31
May
Saturday 31 May, 2025
- 31 May, 2025
3:00 pm
Gemeenskapsdienste
31
May
Saturday 31 May, 2025
- 31 May, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…