opmerkings

Dokters en mediese werkers

Goeie dag,

Dankie vir alles wat julle doen vir ons mense.

Is daar planne om n groter hospitaal/kliniek op te sit nou dat die bevolking oor 3000 trek.

Ek sal ook graag wil weet wanneer Orania beplan om rerig te petisie vir totale onafhanklikheid. Ek weet so n proses is natuurlik baie kompleks, maar wat is die gesprekke rondom die?

Weereens dankie vir wat julle doen.

 

Groete

Terugvoering

Dankie vir jou boodskap en positiewe gesindheid.

  1. Die mediese industrie in Orania word aan die privaat sektor oorgelaat, so die Dorpsraad het geen aandeel in die dienste wat huidiglik aangebied word, óf dit wat vir die toekoms beplan word nie. Hierdie standpunt van die Dorpsraad is as suksesvol bewys in praktyk, soos gesien kan word uit die feit dat alle dienste alreeds beduidend verbeter het oor die laaste paar jaar, tesame met die toename in inwoners. Maar met dit gesê, kan ons ook noem dat die Dorpsraad eintlik wel op 'n sekere manier betrokke is by die mediese dienste op die dorp, naamlik deur ons ondersteuning en onderhoud van die kliniek in Kleingeluk, wat dit vir enige iemand moontlik maak om uitstekende mediese ondersteuning te kry, sonder dat dit 'n finansiële impak op die pasiënt het.
  2. Daar word gereeld breedvoerige gesprekke oor ons weg na onafhanklikheid gehou tussen verskillende persone en instansies in Orania se owerheid. Die praktiese en ook die wetlike aspekte daarvan, wat natuurlik uiters kompleks is, word uit vele verskillende hoeke oorweeg. Om die waarheid te sê, word daar toevallig juis vir binnekort 'n publieke gesprek oor presies hierdie onderwerp beplan. Kyk dus gerus uit vir kennisgewings daaroor, sodat u seker kan wees om dit by te woon. Op hierdie stadium word daar gekyk na 'n datum in ongeveer die laaste week van April 2025. Omdat dit so belangrike onderwerp is, sal die gesprek waarskynlik in 'n reeks hanteer word, met 'n verskillende aspek daarvan wat elke keer bespreek word.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

087/2025
(Uitgereik op: 29 April, 2025)
Inligting en Skakeling
086/2025
(Uitgereik op: 28 April, 2025)
Inligting en Skakeling
085/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Gemeenskapsdienste
084/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
May
Thursday 1 May, 2025
- 3 May, 2025
Algemeen
2
May
Friday 2 May, 2025
8
May
Thursday 8 May, 2025
- 10 May, 2025
6:00 pm
9
May
Friday 9 May, 2025
- 9 February, 2025
4:00 pm
29
May
Thursday 29 May, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…