klagtes

Dorpsraad werk op Sondag

Dit is met groot teleurstelling dat ek verneem van die skrywe 203/2025 gedateer 28 Oktober 2025 vanaf die Dorpsraad.

In die skrywe word vermeld van Ʊ kragonderbreking wat op Sondag 2 November 2025 beplan word met rede "In ’n poging om die kleinste moontlike impak op inwoners se besige lewens te hĆŖ, het die Dorpsraad besluit om groot opkomende werk aan die elektrisiteitsinfrastruktuur op ’n Sondag te doen, wanneer elektrisiteit oor die algemeen minder belangrik is vir OraniĆ«rs."

 

Wat Ʊ hartseer dag, met hierdie siening van die Dorpsraad, dat impak op mense nou belangriker is as die onderlinge ooreenkoms wat ons met mekaar gesluit het om die Sondag as rusdag te eer en te respekteer.

 

Dit is duidelik uit die kennisgewing dat hierdie nie noodwerk is nie. Ek hoop van harte dat die Dorpsraad hierdie besluit sal heroorweeg.

Groete

Terugvoering

Baie dankie vir u boodskap en vir die erns wat u neem daarmee dat Orania se Christelike beginsels nooit verander moet word nie. Ons stem sterk saam met daardie sentiment!

U klagte teen die besluit om 'n groot uitsondering op normale praktyk te maak en ontwrigtende werk hierdie keer op 'n Sondag te doen, is aan die Dorpsraad se bestuur voorgelĆŖ en sal ook onder die OAB direksie se aandag gebring word.

Intussen kan ek (die Dorpsraad se kommunikasiebestuurder) solank my persoonlike terugvoer gee deur u daarvan te verseker dat die besluit nie ligtelik geneem is nie en dat beginsels wat opgesluit lê in verhale soos Jesus se dissipels wat koringblare op die sabbat uitgedruk en geëet het, asook die verlamde wat op die sabbat genees is en toe sy beddegoed huis toe gedra het, in ag geneem is.

Indien ek enige verdere terugvoer hieroor ontvang van die bestuur van Orania se "owerheid" af, sal ek dit hier byvoeg.

As u intussen dalk ons gesprek in persoon wil voortsit (wat dus beteken dat u natuurlik nie meer anoniem sal wees nie), is u welkom om 'n e-pos te stuur na inligting@myorania.co.za .

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls