voorstelle

Duidelik aangetoonde huisnommers

Vir wie dit mag aangaan,

Orania het reeds pragtige gemerkte straatname, maar myns insiens is dit nie voltooid voordat die huise in so n straat ook duidelike nommers het nie.

Vele huise in Orania het nie so iets nie en indien wel is dit nie van die pad af duidelik sigbaar nie. Ek vind dat so iets belangrik is omdat dit andersins n onmoontlike taak word om iemand op te spoor. Bv. Indien daar met n noodgeval dringend n ambulans ontbied word sal dit baie moeilik wees vir die ambulans personeel om so iemand op te spoor.

Die voorstel is dus om mense te vra om self vir hul huisnommers te laat maak. Mense doen sulke dinge altyd makliker as dit vir hulle maklik is. En daarom sou dit miskien n goeie idee wees om reeds n verskaffer met n nommer en n prys te koppel aan so n boodskap. Dalk moet mens dit as n vereiste te stel by die bou van nuwe geboue, om n groter probleem vir die toekoms te vermy.

Groetnis van nog n Oraniƫr

Terugvoering

Dankie vir die goeie voorstel, waarmee ons heeltemal saamstem.

Die afwesigheid van nommers by huise is reeds lankal as 'n punt geĆÆdentifiseer wat verbeter kan word. Die feit dat alle aandeelbloknommers nie altyd in logiese volgorde mekaar opvolg nie (as gevolg van onderverdelings, wat dan nuwe nommers reg langs ou nommers veroorsaak), bemoeilik hierdie proses.

Daar is dus reeds 'n projek begin wat straatnommers aan aandeleblokke toeken, maar dit gaan natuurlik gepaard met heelwat beplanning en administrasie en registrasies op sekere stelsels ens, so dit is nie iets wat baie vinnig gedoen kon word nie. Gelukkig staan daardie proses nou na die einde se kant toe, so die vooruitsig is dat dit voor die einde van 2025 geĆÆmplimenteer gaan word.

 

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls