opmerkings

Glasherwinning

Komplimente vir die flinke interim herstel / netjiesmaak by PĆŖrel- & Saffierstraat-Wes langs die skuifhek.

Ek is wel nuuskierig oor glasherwinning. Word die skeiding en aparte uitsit van glas, ter wille van herwinning, steeds aangemoedig? Rede vir die vraag is die groot hoop glas (gemeng met grond en ander materiaal) op die stortingsterrein, wat moontlik die teendeel inhou.

In sommige SA-stede waar herwinning gedoen word, is die haweloses dikwels die amptelike insamelaars vooruit met die insameling van glashouers, juis oor die vergoedingswaarde wat dit vir hulle inhou.

Ek verneem graag.

Groete.

Terugvoering

Orania doen moeite om herwinning so goed as moontlik te doen in die konteks van wat fisies en ekonomies haalbaar is.

Sekere soorte plastiek word bv apart uitgesorteer en gebaal (in ons groot hidroliese pars) en dan in groot-maat verkoop aan Suid Afrikaanse maatskappye wat dit van tyd-tot-tyd kom oplaai met 'n groot vragmotor. Hierdeur maak ons 'n noemenswaardige inkomste wat 'n gedeelte van die onderhoudskoste van die stortingsterrein dek, maar ook verleng ons die leeftyd van die terrein beduidend, omdat die fisiese volume wat plastiekbottels opneem groot is en die terrein baie vinniger sou vol wees as die bottels nie verwyder was nie.

Wat glas betref, word dit apart gehou tydens vullisverwydering sodat dit herwin kan word deur dit fyn te maak en as deel van nuwe padoppervlaktes te gebruik — ’n algemene praktyk wĆŖreldwyd. Die opsie om gebruikte glas te smelt en weer vir nuwe glasprodukte te gebruik, maak tans nog nie sin vir Orania nie. Dit is hoofsaaklik omdat ons volumes relatief klein is en ook omdat ons ver geleĆ« is van groot glasherwinningsaanlegte, wat beteken dat vervoerkoste baie hoog sou wees.

Daar is egter wel ’n moontlike toekomstige geleentheid vir ’n OraniĆ«r om herwinningsaanlegte vir verskillende materiale in Orania op die been te bring. Dit is beslis iets wat ons entrepreneurs gerus kan oorweeg.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls