Kom daar nou n nuwe mediese sentrum in Orania of in Vanderkloof of albei?
Ons mense van buite Orania is deurmekaar en sal graag meer wil weet!
Die behoefte aan mediese dienste in Orania in die toekoms word op twee hoof-maniere beantwoord.
Eerstens is daar die staatskliniek, wat nog deurgaans gratis dienste gebied het en sal aanhou om so te doen. Daar is wel tans veranderinge in die personeel, maar die situasie word in diepte met die Dept van Gesondheid gekoördineer, sodat die dienste daar hopelik binnekort selfs sal verbeter.
Tweedens is daar 'n privaat maatskappy van Oraniërs, genaamd Orania Gesondheidsorg MSW, wat al beduidende vordering gemaak het om professionele privaat mediese dienste beskikbaar te stel wanneer die huidige privaat-praktyk dokter die dorp gaan verlaat. Hierdie maatskappy het onlangs 'n groot publieke vergadering toegespreek en hulle beoogde dienste aan die gemeenskap verduidelik, wat oor die algemeen baie positief ontvang is. Hierdie sal funksioneer as 'n geregistreerde privaat-praktyk, so indien pasiënte mediese fondse het sal daar, soos normaalweg by enige ander praktyk, ge-eis kan word vir die kostes.
Die vooruitsig is dus dat alle inwoners deurgaans toegang tot mediese dienste behoort te hê en dat die apteek ook heeltyd beskikbaar behoort te wees.
Die privaat dokter wat tans 'n praktyk in Orania het, sal steeds sy praktyk in Vanderkloof bedryf, so inwoners kan ook daarheen gaan indien hulle dit so verkies.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…