klagtes

Hospitaal

Wanneer gaan die dorpsraad ingryp by die hospitaal. Ons mense sit sonder diens na ure en moet dan net noodgedwonge hopetown toe gaan waar ons weet hulle gaan ons nie kan help soos ons eie nie.

Iemand het nou die dag nierstene gekry en was 3 dae in die hospitaal en die dr en staff en hulle finominaal gehelp. As hy sou hopetown toe gaan sou die persoon nie hierdie behandeling ontvang het nie.

Hoe is dit dat die helikopter ook nie meer hier kan land nie. Ek dink dit is baie belangrik om die dorp in te lig.

Ons gaan die hospitaal moet help nou nou maak die hospitaal toe en dit is een van ons dorp se eerste kyk plekke vir ons besoekers. Baie vrae waar is die hospitaal. Op die oomblik is dit nie ñ hospitaal nie maar ñ dokter praktyk.

Julle gaan moet ingryp.......asb asb asb ons senuwees is klaar om te dink die naaste plek war ons miskien kan help is hopetown en dan voel ons nie eers oortuigend dat hulle sal nie.

Terugvoering

Dankie vir hierdie vraag/opmerking.

Die werknemers by die Dorpsraad is baie bewus daarvan dat inwoners van Orania besorgd is daaroor dat die mediese dienste in die dorp op die beste moontlike vlak moet wees, want ons is natuurlik ook self Oraniërs en het dieselfde gesondheids-behoeftes as alle ander inwoners!

Voor ons hieronder in meer detail die algemene situasie rondom mediese dienste in Orania bespreek, wil ons net eerstens u stelling dat mediese helikopters nie meer in Orania mag land nie aanspreek. Dit is absoluut onwaar en geen verandering het in die beskikbaarheid daarvan plaasgevind nie. Hierdie is eintlik ñ goeie voorbeeld van onwaar gerugte wat vir een of ander rede versprei word en die belangrikheid daarvan dat mense sulke dinge moet bevestig voordat hulle dit glo en verder versprei.

Wanneer die mediese dienste in Orania beoordeel word, moet dit in gedagte gehou word dat dit, soos alle ander sektore van ons ekonomie, op 'n vryemark basis funksioneer. Met ander woorde, behalwe vir die verskaffing van infrastruktuur (paaie, water, kragnetwerk ens) wat 'n omgewing skep waarin enige besigheid kan werk, raak die Dorpsraad dus nie betrokke by die besigheids-aktiwiteite self nie (behalwe vir die registrasie daarvan en die sonering van besigheidsgebiede ens). Hierdie benadering, wat van die begin van Orania af gevolg is, het beteken dat daar geleidelik oor die jare, soos die populasie gegroei het, meer en meer verskillende soorte besighede oopgemaak het, soos dit vir hulle ekonomies lewensvatbaar geword het om so te maak. Dieselfde het ook met mediese dienste gebeur, waar daar aanvanklik eintlik geen plaaslike medici was nie, deur tye toe dit later elke nou-en-dan beskikbaar was, tot waar daar vandag voltydse dokters (en meer) op die dorp is. Behalwe vir die privaat dokters, bied die kliniek natuurlik ook deurgaans mediese dienste, al is daar ongelukkig nie elke dag dokters nie.

Die onlangse vermindering in Oramed se na-uurse dienste is iets wat ongelukkig ook maar deur ekonomiese omstandighede veroorsaak word. Sekere van hulle personeel het aanbeweeg na ander plekke toe (maar daar is ook weer nuwe paramedici wat by hulle aangesluit het). Hulle is 'n privaat praktyk en doen die beste wat hulle kan in 'n klein dorpie soos Orania en ons is baie dankbaar vir die uitstekende sorg wat hulle aan almal bied.

Soos Orania verder groei sal mediese dienste sekerlik verder uitbrei en ons almal droom van 'n tyd wanneer ons groot genoeg is om hospitale te hê waar allerhande gespesialiseerde dienste beskikbaar is en groot operasies gedoen kan word ens

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Markte Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

017/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Ingenieursdiente
016/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
015/2026
(Uitgereik op: 13 February, 2026)
Gemeenskapsdienste
014/2026
(Uitgereik op: 10 February, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

19
Feb
Thursday 19 February, 2026
- 19 February, 2026
6:00 pm
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…