Die meningsopname is 100% anoniem en dit is heeltemal onmoontlik vir enige iemand by die Dorpsraad om te weet watter antwoorde of opmerkings 'n spesifieke persoon gemaak het.
Met al die kullery wat in die moderne wêreld op elektroniese gebied gebeur, veral rondom mens se identiteit en die vertroulikheid van persoonlike inligting, is dit te verstane dat mense wat baie bedag is daarop, hierdie tipe twyfel sal hê. Ons neem dus graag van hierdie geleentheid gebruik om in detail die anonimiteit van die meningsopname te bewys.
Let asb op die volgende punte om hierdie bewering te staaf:
- Die opname word gedoen met die sagteware pakket SurveyMonkey.
- Wanneer die opname opgestel word, is daar 'n verstelling waar mens kan kies of dit anoniem moet wees en of die opsteller daarvan die identiteit van die respondente moet kan sien. In hierdie geval is die anonieme opsie gekies.
- Die volgende skakel kan gevolg word om 'n verduideliking van die anonieme funksie te lees. Taking a survey? Your privacy concerns, answered | SurveyMonkey
- Wanneer die anonieme opsie gekies word, kan die opsteller van die opname (die Orania Dorpsraad) op geen manier die identiteit van respondente sien nie.
- Die IP adres vanwaar die antwoord op die opname ontvang is word wel deur SurveyMonkey versamel as deel van die "metadata" en word onder andere deur hulle gebruik om te sorg dat slegs een antwoord per toestel aanvaar word, maar daardie IP adres is nie sigbaar vir die opsteller van die opname nie (dus, die Orania Dorpsraad). En selfs al sou die IP adres sigbaar wees, is dit onwaarskynlik dat die Dorpsraad dit sou kon gebruik om spesifieke persone se identiteit te bepaal.
- Hieronder word nou 'n paar skermskote geplaas waarin dit bewys word dat die anonieme opsie regtig gekies is vir hierdie opname.
- In hierdie eertse skoot wys dit dat hierdie opname (sien die opskrif van die opname aan die bokant), 'n spesifieke "web link" het waardeur mense toegang daartoe kan verkry. Mense kan verifieër dat hierdie web-link die een is wat hulle gevolg het om die opname oop te maak

- In hierdie volgende skermskoot, kan mens sien dat hierdie spesifieke web link se anonieme funksie gekies is (sien die knoppie naby die onderkant van die bladsy)

- In hierdie derde skermskoot, kan mens sien dat hierdie die enigste web link is wat gebruik word vir hierdie opname, so daar is geen ander plek waar data versamel kan word wat dalk nie anoniem is nie.

- As daar iemand is wat selfs met hierdie bewyse steeds twyfel in die anonimiteit van die opname, kan hulle 'n boodskap stuur na burger@myorania.co.za, dan kan ons 'n afspraak maak sodat die persoon self hierdie skermskote kan verifieër op die Dorpsraad se Surveymonkey program. Ons stem saam dat mens seker nooit té versigtig kan wees met hierdie tipe aangeleentheid nie, so ons sal met graagte, en in 'n goeie gees, die nodige bewyse lewer.