Orania moet 'n absolute voorbeeld van ordelikheid wees, sonder om 'n "nanny-state" te word, veral omdat ons in 'n algemene wettelose land bly. Mense hunker na standvastigheid en stabiliteit, wet en orde. Dis daarom baie telleurstellend om die algemene wetteloosheid op ons dorpspaaie te sien, veral met kinders van so jonk as 13 wat op motorfietse (altans quads) heeldag in die dorp rondry sonder enige intrede van enigiemand nie. Ek verstaan (en het self gesien) daar is ook skoolkinders (bietjie ouer) wat alleen motors bestuur, "glo" met hulle ouers se goedkeuring. Dis eerstens swak advertensie vir die dorp, veral met die baie besoekers wat in April hier sal wees, maar nog meer belangrik, wat sal die gevolge wees as hulle iemand beseer, of erger? Is ons te eng met ons verwagtinge? Ek glo glad nie so nie, maar waar is die ouers wat eerstens beheer moet uitoefen oor die dinge, hoe algemeen is die slap houding onder ons ouers? Ek het die jong seuns al gestop, ondervra, name gekry, en aangegee by OVD (maar dit was eergister, so hulle het nog nie tyd gehad om te reageer nie, so ek beskuldig glad nie OVD nie, maar ek kan en wil ook nie verkeersman speel nie, dis nie my plek nie), maar die kinders hou rustig aan om daagliks deur al die strate rond te ry (vir almal om te sien), ek sal nie verbaas wees as iemand eendag seerkry nie. Ek kry die indruk Orania word gesien as 'n plek waarnatoe jy kan verhuis en leef sonder enige reels, waar het van die mense die idee gekry, of kom dit al van lankal af omdat Orania so geisoleerd was vir 'n lang tyd? Miskien het ou inwoners al gewoond geraak aan hierdie tipe wetteloosheid, maar as nuwe intrekkers is dit nogal telleurstellend (en baie opvallig)...die ander ooglopende padprobleme is dat vele motors duidelik nie padwaardig is nie, motorfietse wat by ons huis in die aand verbyjaag sonder enige ligte, en mense wat die 40km/h spoedgrens net eenvoudig ignoreer en BAIE vinniger deur die dorp jaag. Ons het hiernatoe getrek omdat ons gedink het ons kinders kan veilig op hulle fietse in die dorp ry, maar ons voel nie gemaklik met dit nou nie, ons kan netsowel in 'n stad bly. Verskoon tog as dit soos klagtes klink, dis nie die bedoeling nie, ek wil eintlik net 'n gevoel kry van wat mense, en die Dorpsraad, dink oor die dinge en seker maak almal is bewus van die situasie (maar ek kan nie sien hoe mense nie bewus kan wees as ons dit binne 'n maand hier al kon waarneem nie). Ons het hierheen getrek om te kom help bou aan ons toekoms, maar met eensgesinde mense, ons het nie hierheen getrek om in wetteloosheid te leef en deur 'n 13 jarige kind met 'n quad omgery te word nie. Dis ook belangrik om baie dankie te se vir al die goeie dinge wat julle ook doen, dit word raakgesien, maar ongelukkig moet mens somtyds fokus op dit wat dringend aandag nodig het om die skippie op koers te hou. Wetteloosheid op die paaie is een van daardie dinge wat gou handuit kan ruk as dit nie in die kiem gesmoor word nie.
Dankie vir jou besorgdheid oor die veiligheid van Orania se paaie. Indien al ons inwoners deurgaans die ordelikheid van ons samelewing ernstig opneem, sal Orania aanhou om van krag tot krag te gaan.
Jou opmerkings en “klagtes” is heeltemal verstaanbaar, en daar is heelwat ander Oraniërs wat ook redelik gereeld ’n soortgelyke standpunt inneem. Ironies genoeg is daar egter ook ’n groot gedeelte van ons gemeenskap wat presies die teenoorgestelde standpunt huldig en voel dat ons mense meer persoonlike vryheid moet geniet. Volgens hulle wys statistiek oor vele jare dat geen ernstige ongelukke veroorsaak is nie, en hulle wys ook daarop dat baie inwoners geen ander opsie vir persoonlike vervoer sal hê indien die padwaardigheid van alle voertuie baie streng toegepas word nie. Dit sou hulle dan reduseer tot voetgangers wat ure per dag moet spandeer om heen en weer in die dorp te loop.
As “owerheid” moet ons natuurlik probeer om die behoeftes van al ons inwoners in ag te neem. Ons uitgangspunt is ook dat ons eerder ’n “klein” regering wil wees wat slegs die nodigste aspekte van ons gemeenskap reguleer, en nie ’n “groot” regering wat op alle gebiede beheer probeer uitoefen nie.
Maar met dit alles gesê, wil ons dit duidelik stel dat padveiligheid nie ’n gebied is waar ons laks wil wees of toelaat dat mense wetteloos optree en ander inwoners se eiendom of lewens in gevaar stel nie. OVD is dus vasberade om korrekte padgebruik in Orania te polisieer, sover dit binne hul vermoë is (onthou, hulle is nie ’n Suid-Afrikaanse verkeers- of polisiedepartement nie en beskik dus nie oor dieselfde wetlike magte nie).
Hulle doen gereeld byvoorbeeld spoedbeheer op ons paaie (met behulp van ’n gekalibreerde toestel wat dit wettig maak). Aangesien OVD se manskappe beperk is en hulle vele ander take verrig benewens verkeerswetstoepassing, is dit vir hulle onmoontlik om van alle oortredings bewus te wees, soos dié wat jy genoem het. Hulle is dus baie dankbaar wanneer die gemeenskap help deur spesifieke oortredings aan te meld, sodat dit ondersoek en gepas hanteer kan word.
Ons hoop dus dat julle met hulle in kontak sal tree om met inligting te help, met die versekering dat julle identiteit met die nodige diskresie hanteer sal word.
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…