opmerkings

Kruger Beeld

Verklaring van ’n Gelowige oor die Verering van Beelde

Ek skryf dit nie uit my eie krag nie, maar as ’n gelowige in die Here God en uit eerbied vir Sy Woord.

---

1. God se Gebod is duidelik

Die tweede gebod verbied dit uitdruklik:
ā€œJy mag vir jou geen gesnede beeld maak… jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nieā€ (Eksodus 20:4–5).
Hierdie gebod laat geen ruimte dat ’n volk wat hulself ā€œChristenā€ noem, ’n beeld oprig of dit deur ’n ritueel van eer verhef nie.

---

2. God het Homself nooit in ’n beeld geopenbaar nie

ā€œDie Here het met julle uit die vuur gepraat; julle het die stem van woorde gehoor, maar geen gedaante gesien nie… sodat julle nie vir julle ’n gesnede beeld maak nieā€ (Deuteronomium 4:12, 15–16).
God het doelbewus geen figuur aan die mens gegee nie, juis sodat Hy nie in hout, klip of metaal vasgevang kan word nie.

---

3. God deel Sy eer met geen ander nie

ā€œEk is die Here, dit is my Naam; en my eer gee Ek aan geen ander nie, ook nie my lof aan gesnede beelde nieā€ (Jesaja 42:8).
Om ’n beeld hoog op ’n duur platform te plaas en mense te roep om dit te vereer, is om eer aan ’n skepsel te gee wat aan God alleen behoort.

---

4. Die risiko van seremonies en erewagte

Selfs al word gesĆŖ dit is ā€œnet geskiedenisā€, sodra daar seremonies, erewagte en rituele rondom ’n beeld plaasvind, word dit verhef tot iets wat meer as ’n gedenkteken is. Dit maak die skeidslyn tussen herinnering en verering gevaarlik dun.

---

5. Selfs die held sou dit nie wou hĆŖ nie

Die mens wat nou in beeld verhef word, is lankal dood en kan nie praat nie. Maar as hy self ’n gelowige was, sou hy waarskynlik nooit wou hĆŖ dat mense hom só moes vereer nie, want alle eer behoort aan God alleen.

---

Slot

As gelowiges kan ons geskiedenis onthou, maar ons mag nooit mense in beeld vereer of rituele uitvoer wat bots met God se Woord nie. Hierdie ritueel behoort gestop te word, want dit steel eer van die Here. ā€œAan die Here jou God moet jy jou neerbuig, en Hom alleen moet jy dienā€ (Mattheus 4:10).

Die eer is God s’n alleen — nie van mense nie.

Terugvoering

Baie dankie vir hierdie opregte inset oor die wenslikheid, al dan nie, van beelde in ons Christen-Afrikaner-gemeenskap.

Daar is heelwat OraniĆ«rs wat breedweg hierdie standpunt deel, maar daar is natuurlik ook baie ander OraniĆ«rs (ā€˜n meerderheid) wat met ewe veel opregtheid (en ook met Bybelse motivering) glo dat die blote teenwoordigheid van beelde geen probleem is nie, solank daar geen aanbidding daarvan plaasvind nie.

Die eerste groep voel dat die Kruger-standbeeld, wat eersdaags in Orania opgerig gaan word, neerkom op verafgoding van die persoon, terwyl die tweede groep voel dat President Kruger net ’n simbool van ons volk se strewe na vryheid is en dat geen aanbidding van hom plaasvind nie.

Ons weet dat beide groepe die bona fides van die ander sal erken, en dat die feit dat almal saamstem dat die Drie-Enige God die lot van ons volk bepaal en dat Jesus Christus ons elkeen se persoonlike Verlosser is, sal verseker dat ons as verenigde gemeenskap ons gesamentlike doelwit van vryheid tot God se eer sal aanhou nastreef, ten spyte van die interne meningsverskil oor hierdie spesifieke punt.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls