Goeie dag, kan daar asb aandag gegee word aan die lang gras op die onbeboude erwe asook die erwe wat nog nie verkoop is nie. Ek is in Karoosig en daar is verkoopte erwe asook erwe wat nog nie verkoop is nie maar die droë gras is lank en is ñ brand gevaar volgens my. Die mense loop deur die erwe vanaf kleigeluk en meeste rook en gooi hul stompies in die veld. My voorstel is dat die eienaars van die verkoopte erwe met bossiekappers die lang gras sny en dan die erwe wat nie verkoop is nie sê eienaars (dalk OOM) dit laat sny ? Groete.
Hierdie is ongelukkig ān uitdagende situasie sonder 'n maklike oplossing.
Gras op onbeboude erwe is 'n moeiliker situasie om te hanteer as wat mens op die eerste oogopslag sou dink. As ān mens sou wou hĆŖ dat alle onbeboude erwe se gras voortdurend kort gehou moet word, sou dit beteken dat iemand minstens een keer per maand daardie gras moet sny ā veral gedurende die somermaande. Daar is letterlik dosyne sodanige erwe binne Orania, met die gevolg dat 'n bossiekap-spannetjie feitlik permanent besig gehou kan word as jy al die erwe se gras voortdurend kort wil hou.
Nou is die vraag: Wie neem verantwoordelikheid daarvoor? Dis streng gesproke nie iets wat die Dorpsraad self kan doen nie, want indien ons onsself op daardie terrein begeef, word ons in effek ān gratis tuindiens vir sekere eienaars. Dit sou dan beteken dat ander grondeienaars, deur hul maandelikse heffings, daardie diens subsidieer, wat uiteraard nie ān regverdige situasie sal wees nie. OOM val in ān soortgelyke posisie ā hulle is ān privaat ontwikkelaar en dit is nie hul mandaat om gratis tuindienste aan sekere grondeienaars te lewer nie.
Die logiese antwoord is natuurlik dat die eienaars van onbeboude erwe self verantwoordelikheid moet neem vir die sny van veldgras op hul erwe, maar ook dit is moeiliker om in die praktyk uit te voer as wat dit klink. Baie van die eienaars van sodanige erwe woon nie in Orania nie ā hulle het die erwe gekoop met die bedoeling om dit later te ontwikkel. Dit veroorsaak logistieke probleme: Hoe gereeld kan mens verwag dat iemand wat elders woon, hul erf moet kom bossiekap? Gegewe dat die erwe in ān natuurlike toestand gekoop is, kan daar geargumenteer word dat die huidige toestand nie noodwendig as nalatigheid beskou kan word nie.
Ons het in die verlede al heelwat soortgelyke versoeke ontvang en is in sulke gevalle grotendeels afhanklik van die eienaar se vermoĆ« en bereidwilligheid om saam te werk. Ons probeer altyd om eienaars aan te moedig om mee te werk, maar in die praktyk is dit nie altyd eenvoudig nie. ān Voorbeeld is ān geval verlede jaar van ān erf wat aan ān weduwee behoort wat in ān ouetehuis in Port Elizabeth woon. Sy het nie die vermoĆ« om die erf te diens nie, veral nie op ān gereelde basis nie. In daardie geval het ons die situasie verduidelik aan die aangrensende inwoner (wat ook die klaer was), en laasgenoemde het toe onderneem om van tyd tot tyd self ān brandstrook tussen sy erf en die onbeboude erf te sny. Só is die situasie opgelos deur goeie onderlinge samewerking in die gemeenskap.
Verskoon asseblief die lang verduideliking, maar dit is ān situasie waarvoor ons nog nie ān volhoubare oplossing gevind het nie. Daarom hanteer ons elke geval tans op sy eie meriete. Ons wil ook nie elke aspek van die dorpslewe oorreguleer nie en daarom bly dit eerste prys as inwoners mekaar se hande vat en saam oplossings vind. Kontak ons gerus indien daar spesifieke gevalle is waar ons kan help met raad of advies.
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…