Wat kos elektrisiteit, water ens. in Orania?
Elektrisiteit
Wat elektrisiteit in Orania betref is die belangrikste punt om te onthou dat ons tot 'n groot mate onafhanklik van ESKOM elektrisiteit opwek en aan die gemeenskap verskaf (met ons sonplaas en 4.8Mwh battery), wat beteken dat ons bestand daarteen sal wees indien beurtkrag sou terugkeer na SA. Die grootste voordeel is egter dat dit 'n belangrike tree is in die rigting van totale onafhanklikheid en vryheid.
Hierdie veroorsaak ook dat ons jaarlikse verhogings deurgaans kleiner as ESKOM s'n is.
Die ESKOM rekening wat ons steeds het (vir minder as 50% van ons elektriese behoeftes) is ten volle op datum, wat dus 'n vergelyking met die elektrisiteitstariewe op plekke wat in massiewe ESKOM skuld verkeer, nie "regverdig" maak nie (want van hulle verkeer in die onvolhoubare situasie waar hulle soms letterlik geld teen 'n verlies verkoop aan hulle inwoners, omdat hulle op die korrtermyn nog daarmee weg kan kom om so oneties op te tree).
Ons tariewe vir Aandeelblokke wat primêr vir woondoeleindes gebruik word:
• 1-150 eenhede: Φ3.22/eenheid
• 151-300 eenhede: Φ3.72/eenheid
• Meer as 300 eenhede: Φ4.10/eenheid
Water
Elke aandeelblok in Orania word deur die Dorpsraad voorsien met twee water aansluitings - een met gesuiwerde water en een met rivierwater.
Die rivierwater is meestal onbemeterd en kos Φ36.92 per maand vir onbeperkte gebruik.
Die bemeterde gesuiwerde water kos Φ109.07 per maand plus Φ8.94 per kiloliter gebruik.
Algemene lewenskostes (word deur vryemark bepaal)
Kruideniersware in Orania het nou (2025) al vir twee jaar in 'n ry goedkoper geword (!!!) en is ongeveer 11% minder as wat 'n soortgelyke mandjie kruideniersware volgens Netwerk24 in Suid Afrika kos. Huur van eiendomme is ook al vir omtrent twee jaar onveranderd (of selfs effens goedkoper) en daar is heelwat opsies vir enkelpersone om gemaklike woonstelle vir aansienlik minder as R3000 per maand te huur, en vir gesinne om bv twee-slaapkamer woonstelle vir tussen R5000 en R6000 per maand te huur.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…