Asseblief kan julle verduidelik wat gebeur met die mediese dienste in Orania?
Blykbaar maak dit toe? Is al die harde werk dan vir niks? Word die apteek en alles ook toe gemaak?
Alle Oraniërs is natuurlik besorg daaroor dat goeie mediese dienste tot alle inwoners se beskikking moet wees. Daarom is dit goed dat die onderwerp deeglik bespreek moet word, sodat almal op hoogte kan wees van die huidige stand van sake. Hierdie vraag help dus hopelik sodat ander mense wat ook tot dusver nie die openbare gesprek gevolg het nie, kan opvang.
Die behoefte aan mediese dienste in Orania in die toekoms word op twee hoof-maniere beantwoord.
Eerstens is daar die staatskliniek, wat nog deurgaans gratis dienste gebied het en sal aanhou om so te doen. Daar is wel tans veranderinge in die personeel, maar die situasie word in diepte met die Dept van Gesondheid gekoördineer, sodat die dienste daar hopelik binnekort self sal verbeter.
Tweedens is daar 'n privaat maatskappy van Oraniërs, genaamd Orania Gesondheidsorg MSW, wat al beduidende vordering gemaak het om professionele privaat mediese dienste beskikbaar te stel wanneer die huidige privaat-praktyk dokter die dorp gaan verlaat. Hierdie maatskappy het onlangs 'n groot publieke vergadering toegespreek en hulle beoogde dienste aan die gemeenskap verduidelik, wat oor die algemeen baie positief ontvang is.
Die vooruitsig is dus dat alle inwoners deurgaans toegang tot mediese dienste behoort te hê en dat die apteek ook heeltyd beskikbaar behoort te wees.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…