Meningsopname opsomming asseblief?

Ek het ghoor dat die meningsopname baie positief was, maar ek kon nie die vergadering bywoon nie en is ook te oud en "dom" met rekenaargoeters om dit self af te laai soos julle in die kennisgewing gese het, so ek hoop julle kan dalk van die hoogtepunte hier sit (waar selfs ek dit kan gelees kry)!

Sal dit baie waardeer. Dankie! Julle doen goed.

Terugvoering

Dankie vir jou ondersteuning en vir die vraag oor die meningsopname.

Jy's reg dat die uitslag baie goed was. Inwoners van Orania is oorwegend sterk positief oor alle aspekte van ons dorp, met selfs die laagste tellings wat steeds gemiddeld hoƫr as 6.5/10 is. Daar is ook deurgaans 'n positiewe tendens in sentiment, aangesien respondente tussen 2022 en 2026 positiewer geword het oor bykans alle aspekte wat gemeet is.

* Op die vraag of mense dink hulle gaan nog lank in Orania bly, is die gemiddelde punt 8/10.

* Die waarskynlikheid dat inwoners Amerikaanse vlugtelingstatus sal aanvaar, kry slegs 2.2/10 (en slegs ongeveer 5% tot 6% van inwoners dui aan dat hulle dit ernstig oorweeg).

* Ingenieursdienste (dinge soos paaie, water, elektrisiteit, riolering ens) kry 8.3/10.

* Gemeenskapsdienste (dinge soos parke, sportgronde, visdam, begraafplaas, biblioteek ens) kry 8.2/10, insluitend die hoogste telling van almal, naamlik die dorpswembad wat 9.2/10 kry.

* Die Dorpsraad se algehele sukses met die lewering van munisipale funksies kry 8.1/10.

* Inwoners se gemiddelde geestelike gesondheid (of hulle Jesus se vrede en vreugde daagliks in hulle lewens ervaar) kry 9.1/10.

* Inwoners se gevoel van veiligheid is ook baie sterk, met 'n gemiddelde punt van 9.3/10 vir hoe gemaklik hulle daarmee is om enige tyd van die dag alleen in die strate te loop.

Indien iemand belangstel daarin om die uitslag van die opname in meer detail te bekyk, beveel ons aan dat selfs diegene wat, soos jy genoem het, "dom is met rekenaargoeters" wel probeer om dit af te laai by die volgende skakel :Ā Dokumente – My Orania

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls