voorstelle

Onafhanklikheid van GEMEENSKAPSMENINGSOPNAME

Ek wil voorstel dat in die toekoms die GEMEENSKAPSMENINGSOPNAME opgestel, uitgevoer, ontleed en bekend gemaak word deur persoon nie betrokke of "afhanklik" van Dorpsraad nie.  Behoort logies nie te moeilik te wees om te verstaan nie.

Terugvoering

Ons glo ons verstaan die punt wat jy maak, maar wil graag die volgende sake uitlig om ’n ander mening daaroor te regverdig:

  1. Die gemeenskapsmeningsopname is baie nuttig om Oraniërs se sentiment te bepaal en tendense daarin oor tyd te identifiseer. Dit is van groot waarde in bestuursbesluite oor vele verskillende sake – ook vir die bestuur van ander instansies as die Dorpsraad. Dit is egter nie iets soos ’n referendum of verkiesing nie; daarom is geloofwaardige interne hantering daarvan meer as voldoende en hoef dit nie aan ’n derde party oorgedra te word nie.
  2. Indien dit wel aan ’n buitepersoon of -instansie gegee sou word, sal hierdie opname waarskynlik maklik meer as R100 000 per jaar kos, terwyl dit tans gratis deur Dorpsraadpersoneel hanteer word as deel van hul werk. In ons opinie sou dit geensins regverdigbaar wees om só ’n groot bedrag van inwoners se heffings aan iets soos die meningsopname te bestee nie, veral aangesien daar soveel ander belangrike behoeftes is wat aandag moet geniet.
  3. Ons voel dat die geloofwaardigheid van die uitslag van die meningsopname in elk geval bo verdenking behoort te wees vir enigiemand wat dit in detail bestudeer (selfs al word dit intern hanteer), om die volgende redes:

    a. Die sagteware wat daarvoor gebruik word (SurveyMonkey) kan gerus deur enigiemand besigtig word om te verifieer dat dit anoniem is en dat dit op geen manier gemanipuleer word nie. Stuur gerus ’n e-pos na inligting@myorania.co.za om ’n afspraak daarvoor te maak. Dit sal verwelkom word in die gees van deursigtigheid en die verbetering van vertroue.

    b. Die volledige “rou” data wat met die opname verkry word, word gepubliseer en is op die Dorpsraad se webwerf beskikbaar. Enigiemand is dus welkom om self ’n statistiese ontleding daarvan te doen en te bevestig dat die oorwegend sterk positiewe sentiment wat ons daaruit afgelei het, korrek is. Die enigste gedeelte van die “rou” data wat ons nie direk publiseer nie, is die opmerkings wat respondente gemaak het, maar ons publiseer wel ’n RI- (Rekenaarintelligensie-) opsomming daarvan. Selfs die akkuraatheid van daardie opsommings kan geverifieer word wanneer die sagteware geïnspekteer word. Die onveranderde opmerkings is ongelukkig gereeld te kras of lasterlik om in die openbaar gepubliseer te word.

    c. Die vrae wat in die opname gevra word, bied ruim geleentheid vir respondente om hul sentiment oor alle aspekte van Orania, insluitend potensieel sensitiewe sake, bekend te maak. Daar word nie weggeskram van moeilike vrae nie, en in gevalle waar sentiment verswak het, word dit ook onveranderd gepubliseer. Hierdie feite toon dat die opname ’n ware weerspieëling van sowel positiewe as negatiewe sentiment in die gemeenskap bied en dat dit geensins probeer om iets weg te steek nie.

Ons hoop hierdie verduideliking verskaf genoeg inligting om te verduidelik waarom die meningsopname waarskynlik nie binnekort op ’n ander wyse hanteer sal word nie. Ons uitnodiging om die sagteware te besigtig, of sommer net in die algemeen lekker oor Orania te gesels, word opreg bedoel, en ons hoop van harte dat inwoners (selfs in groepe) daarvan gebruik sal maak.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

094/2026
(Uitgereik op: 14 July, 2026)
Ingenieursdiente
093/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Uitvoerende Hoof
092/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Gemeenskapsdienste
091/2026
(Uitgereik op: 8 July, 2026)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…