voorstelle

Oramed hospitaal

Hiermee n vraag aan die Dorpsraad i. V. M. Die Oramed hospitaal. Ek persoonlik is bekommerd is oor ons hospitaal wat nie tans fuksioneer nie behalwe konsultasies 5 dae n week. Dis werklik kommerwekkend om nie n ongevalle afdeling te hê nie, en n dorp kan mos nie sonder dit wees nie. Hier baie mense met wie ek al self gepraat het wat ook bekommerd is. Alhoewel die ambulans dienste ons na Hopetown toe neem, is almal reeds bewus dat Hopetown hospitaal die Oraniërs nie vetwelkom nie en ek was self daar met n persoon wat ek moes gaan haal het. Hulle is ons net glad nie goedgesind nie, en uit my eie verpleeg ondervinding is dit regtig kommerwekkend dat ons hospitaal nie in volle werking is nie, wat as n krisis ons dorp tref? Gebreekte bene, hartaanvalle, beroerte aanvalle, ens... Kan u as dorpsraad nie asb na die situasie kyk nie.. Weet net ons as publiek praat onder mekaar en is baie bekommerd.. En dan ons ouetehuise se staats pasiente... Toe die hospitaal nog in volle werking was,  was dit wonderlik om te sien hoe goed die  mediese pasiente wat oornag gebly het, versorg was.. Is daar vir ons rede tot kommer? Is daar planne op die tafel ivm ORAMED HOSPITAAL? Ons sou graag terugvoer as publiek wil hê.. Die hospitaal was vir ons n baie groot plus punt en nou lyk ding nie goed nie. Baie dankie vir die lees van ons bekommernis.

Terugvoering

Dankie vir hierdie vraag/opmerking.

Die werknemers by die Dorpsraad is baie bewus daarvan dat inwoners van Orania besorgd is daaroor dat die mediese dienste in die dorp op die beste moontlike vlak moet wees, want ons is natuurlik ook self Oraniërs en het dieselfde gesondheids-behoeftes as alle ander inwoners!

Wanneer die mediese dienste in Orania beoordeel word, moet dit in gedagte gehou word dat dit, soos alle ander sektore van ons ekonomie, op 'n vryemark basis funksioneer. Met ander woorde, behalwe vir die verskaffing van infrastruktuur (paaie, water, kragnetwerk ens) wat 'n omgewing skep waarin enige besigheid kan werk, raak die Dorpsraad dus nie betrokke by die besigheids-aktiwiteite self nie (behalwe vir die registrasie daarvan en die sonering van besigheidsgebiede ens). Hierdie benadering, wat van die begin van Orania af gevolg is, het beteken dat daar geleidelik oor die jare, soos die populasie gegroei het, meer en meer verskillende soorte besighede oopgemaak het, soos dit vir hulle ekonomies lewensvatbaar geword het om so te maak. Dieselfde het ook met mediese dienste gebeur, waar daar aanvanklik eintlik geen plaaslike medici was nie, deur tye toe dit later elke nou-en-dan beskikbaar was, tot waar daar vandag voltydse dokters (en meer) op die dorp is. Behalwe vir die privaat dokters, bied die kliniek natuurlik ook deurgaans mediese dienste, al is daar ongelukkig nie elke dag dokters nie.

Die onlangse vermindering in Oramed se na-uurse dienste is iets wat ongelukkig ook maar deur ekonomiese omstandighede veroorsaak word. Sekere van hulle personeel het aanbeweeg na ander plekke toe (maar daar is ook weer nuwe paramedici wat by hulle aangesluit het). Hulle is 'n privaat praktyk en doen die beste wat hulle kan in 'n klein dorpie soos Orania en ons is baie dankbaar vir die uitstekende sorg wat hulle aan almal bied.

Soos Orania verder groei sal mediese dienste sekerlik verder uitbrei en ons almal droom van 'n tyd wanneer ons groot genoeg is om hospitale te hê waar allerhande gespesialiseerde dienste beskikbaar is en groot operasies gedoen kan word ens!

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

087/2025
(Uitgereik op: 29 April, 2025)
Inligting en Skakeling
086/2025
(Uitgereik op: 28 April, 2025)
Inligting en Skakeling
085/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Gemeenskapsdienste
084/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
May
Thursday 1 May, 2025
- 3 May, 2025
Algemeen
2
May
Friday 2 May, 2025
8
May
Thursday 8 May, 2025
- 10 May, 2025
6:00 pm
9
May
Friday 9 May, 2025
- 9 February, 2025
4:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…