klagtes

Paaie in kleingeluk

Kan daar asseblief planne gemaak word om die paaie in kleingeluk te teer

Die inwoners van kleingeluk wag nou al baie jare vir dit om te gebeur en daar is altyd verskonings rondom dit al die nuwe uitbreidings het alreeds teer paaie ens daar was onlangs rand stene in gesit waarvan dit verkeerd gedoen was en oor gedoen moes word en verder nog niks nie

Dit beskadig ons voertuie en die stof is verskriklik erg  en ook as dit reen kan n mens skaars op die paaie ry want dan is dit weer vol gate

Kan julle asb iets daaraan doen of moet die inwoners n petisie teken voor daar aandag gegee word daaraan

Terugvoering

Alle inwoners in Orania se behoeftes word oorweeg wanneer die begroting elke jaar uitgewerk word om te bepaal watter infrastruktuur opgegradeer of gebou gaan word. So bv is die watertoevoerpype na Kleingeluk hierdie jaar alreeds opgegradeer as deel van 'n groter waterprojek van ongeveer Φ10 miljoen oor etlike jare (waarvoor ons gemeenskap natuurlik self betaal, want ons ontvang geen toelae vir sulke dinge van die staat af nie).

Die huidige opgradering van die grootste hoof-roete naby Kleingeluk (die Servituutpad) is ook tans in volle swang teen 'n koste van meer as Φ4 miljoen.

Jy is korrek oor die installering van die randstene in Kleingeluk, wat 'n eerstre stap is oppad na die uiteindelike teer van die strate. Daarmee saam is die stormwaterpype in sekere gedeeltes, waar daar gereeld opdammings was wat verkeer tydens en na reën belemmer het, opgegradeer en het dit 'n groot verskil gemaak.

Langs Kapokboslaan het die Dorpsraad ook die eerste nuwe innoverende opgradering van 'n "gewone" sypaadjie in die hele dorp gedoen, deur die stromwater in beddings in te kanaliseer.

Mens kan dan ook noem dat die aktiefste kinder-speelpartjies in die dorp in Kleingeluk is en dat die Dorpsraad baie tevrede is daarmee dat sulke geriewe wat verkaf word so goed benut word.

Die doel van al hierdie voorbeelde wat genoem is, is nie om te sê dat die paaie nie nog kan verbeter nie, maar bloot om aan te toon dat daar reeds baie gedoen word met beperkte hulpbronne. Om al die paaie in Kleingeluk te teer sal vele miljoene Ora's kos en dit kan op hierdie stadium nog ongelukkig bloot nie bekostig word nie, want dan sal dit bv die verdere ontwikkeling van die hele dorp se krag- of riool- of waternetwerke vertraag.

Daar is ander dele in die dorp (veral Rooipad en op hierdie stadium ook nog die Oewer) wat ook nie geteerde strate het nie en waar inwoners ongelukkig vir eers ook moet wag totdat opgradering moontlik is.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

211/2025
(Uitgereik op: 12 November, 2025)
Korporatiewe Dienste
210/2025
(Uitgereik op: 12 November, 2025)
Ingenieursdiente
209/2025
(Uitgereik op: 10 November, 2025)
Ingenieursdiente
208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025
6
Jan
Tuesday 6 January, 2026
- 6 January, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…