Die gebruik van spied versperrings is regtig onnodig Na ons almal gemaan is Om die 40km border of self's 25km te volg.
Die so genaamde speed bumps Tuk my voertuig Al gaan Ek stadig daaroor.
Dankie daarvoor dat jy graag ān goeie ervaring vir alle padgebruikers in Orania wil hĆŖ.
Die verskillende metodes van spoedbeheer wat op Orania se paaie toegepas word, is egter steeds nodig. Ten spyte daarvan dat die meeste mense in elk geval by die spoedreƫls sou hou, selfs sonder spoedwalle, is daar ongelukkig ook padgebruikers wat dit gereeld nie wil doen nie.
Soos jy dalk weet, word daar verskillende maniere getoets om te sien of motoriste se spoed beheer kan word sonder dat hulle motors oor hobbels hoef te skud. ān Voorbeeld daarvan is die sogenaamde swenkwalle in Robynlaan, wat lyk asof dit suksesvol is en dus waarskynlik ook op ander plekke in die dorp gebruik gaan word. Hopelik kan ons dus eendag by ān punt uitkom waar spoedbeheermetodes wel toegepas word, maar op ān manier wat voertuie nie so baie affekteer soos party van die huidige metodes nie.
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…