*Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee*
Opmerking/Vraag: Dink julle Orania se bevolking het gegroei of verminder in 2026?
Daar word net een keer per jaar, gedurende Desember, 'n amptelike telling van Orania se inwoners gehou. Dit beteken dat enige dinge wat nou hier genoem word nie noodwendig presies korrek is nie, soos jy duidelik verstaan het toe jy gevra het wat ons "dink" en nie wat ons weet nie.
As agtergrond kan ons noem dat Orania se bevolking oor die afgelope 10 jaar gemiddeld met 9,7% per jaar gegroei het, maar dat dit wel tussen 2024 en 2025 effens afgeneem het (van 3 025 tot 2 903).
Daar is egter tekens wat daarop dui dat die bevolking weer besig is om te groei, en ons vermoed daarom dat dit reeds in 2026 toegeneem het. Van die aanduidings van groei is die volgende:
• Die maatskappye wat verhuisings hanteer, berig dat hulle vanjaar heelwat meer verhuisings na Orania hanteer as verhuisings uit Orania.
• Die aantal aansoeke om Verblyfreg toon jaar-op-jaar groei in vergelyking met die vorige jaar.
• Eiendomsagente berig anekdoties dat dit lyk asof daar weer meer belangstelling in die aankoop van eiendomme is as verlede jaar.
• Daar is heelwat gesprekke met nuwe maatskappye van Afrikaners wat opwindende besigheidsplanne in Orania het, wat waarskynlik dui op verbeterende "buitelandse" sentiment jeens Orania.
Die grootste verlies aan inwoners op hierdie stadium is as gevolg van 'n kombinasie van finansiële druk en die lokkrag van 'n nuwe lewe in Amerika as amptelike vlugtelinge. Dit is vir ons baie hartseer wanneer enige van ons inwoners besluit om 'n toekoms op 'n ander plek te gaan bou, eerder as om deel te bly van ons gemeenskap se strewe om 'n vrye tuiste vir ons volk te skep wat God behaag.
Ons verstaan egter dat die Here se plan met elke volksgenoot se lewe nie noodwendig behels dat hulle in Orania moet bly nie (al sou ons dit eintlik so verkies het! :-) ). So, indien sommige van ons mense gelei word om hulle elders te vestig, bid ons vir hulle die seën van ons God toe en hoop ons dat hulle positiewe sentiment teenoor Orania steeds, al is dit van ver af, tot ons voordeel sal strek.
Maar, soos hierbo genoem, lyk dit gelukkig asof die nuwe intrekkers op hierdie stadium waarskynlik meer is as diegene wat weggaan.
Ons sien, saam met jou, uit na die volgende sensustelling, wat oor ongeveer ses maande gedoen sal word, om dan te sien hoe ons bevolking gedurende hierdie jaar verander het.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…