Ek woon op n plaas net buite Orania en besoek daagliks die dorp om inkopies te doen by verskeie ondernemings al vir die afgelope 33 jaar. Waar ek ook al stilhou en uitklim is dit skrikwekkend om te sien hoe baie sigaretstompies lê rond. Die dorp is oor die algemeen baie netjies en geen vullis is te sien nie. Gelukkig kan die stompies nie van ver gesien word nie, maar die hoeveelheid wat rond lê besef ek hoe groot deel van Orania se ekonomie is van sigaret verkope afhanklik ! Ek glo die rokers kan met genoeg kennigewings/plakkate en asblikke aangemoedig word om ook hulle rommel op n verantwoordelike wyse weg te gooi .
Ons stem saam met jou dat die neergooi van sigaretstompies onaanvaarbaar is en dat rokers dit met meer sorg moet hanteer. Dit is op enige plek 'n slegte ding om te doen wanneer iemand 'n stompie op die grond gooi, maar ons sou dink dit is veral verkeerd om dit in Orania te doen, want dit is dan jou eie volk se grond waar gestreef word om dit 'n tuisland vir Boere Afrikaners te maak en waar jy, saam met volksgenote, verantwoordelik is vir die instandhouding daarvan!
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…