opmerkings

Solidariteit

Aii siestog die ou Solidariteit mannetjies is alweer besig om ons uit te verkoop. Kan sommer sien in hulle 2026 kommunikasie hulle vat terug alles wat hulle gesê het en volg nou maar soos altyd weer die ANC.

As julle wil hê mense moet Orania vertrou gaan julle moet duidelik maak wat julle verhouding met Solidariteit is.

Solidraiteit is besig om vinnig steun te verloor juis omdat dit nie n oplossing bied vir sy mense. Maar Orania doen!

Terugvoering

** Nota: Hierdie antwoord word deur ’n enkele amptenaar geskryf en het dus nie deur ’n proses gegaan om noodwendig ’n amptelike standpunt van Orania se “owerheid” te wees nie. **

 

In antwoord op jou opmerking kan ons sommer hier duidelik maak dat daar, ten spyte van beduidende oorvleueling tussen Solidariteit se doelwitte en dié van Orania, ook sekere fundamentele verskille is.

Een manier om daardie verskille op te som, is om te sê dat Solidariteit ’n filosofie van Suid-Afrikanisme volg (waarvolgens hulle glo dat die Afrikaner homself binne ’n multikulturele geheel sal kan handhaaf), terwyl Orania ’n filosofie van Boere-Afrikaner-nasionalisme volg (waarvolgens ons glo dat ons volk beheer moet hê oor sy eie hede en toekoms, sodat ons Godgegewe roeping uitgeleef kan word sonder om eendag onvermydelik deur demografiese werklikhede oorweldig te word). Orania is dus, anders as Solidariteit, uitgesproke daaroor dat ons selfbeskikking en vryheid nastreef.

Met dít gesê, moet ’n mens ook noem dat Orania baie verskuldig is aan Solidariteit se massiewe positiewe bydraes tot ons dorp. Die meeste van die groot ontwikkelings wat oor die afgelope dekade of so in Orania plaasgevind het, sou nie moontlik gewees het sonder hulle insette nie (insluitend dié van ander instellings wat onder hulle breër sambreel val). ’n Mens kan dadelik dink aan projekte soos die Veiligheidsgebou, die Duiker, die nuwe Werksgebou, Gannabos, Elim en vele ander, asook hulle bydraes tot die werking van Helpmekaar, ensovoorts. Benewens die feit dat hierdie bates en dienste nou vir Oraniërs beskikbaar is, moet ons ook dankbaar wees vir die honderde werksgeleenthede wat in die proses geskep is. Dit is waarskynlik geen oordrywing om te sê dat Orania se bevolking vandag amper 50% kleiner sou gewees het indien dit nie vir Solidariteit se bydraes was nie.

Of ’n mens nou 100% met Solidariteit se metodes en stellings saamstem of nie, voel ons ook dat hulle topbestuur krediet gegee moet word daarvoor dat hulle standpunte – wat pro-Afrikaner is binne die konteks van die groter Suid-Afrika – geweldige aanvalle teen hulle ontketen het, maar dat hulle ten spyte daarvan dat hulle aanklagte van hoogverraad in die gesig staar, nie gekapituleer het nie.

Laastens wil ons weer duidelik maak dat Orania se dorpsbestuur totaal onafhanklik van Solidariteit funksioneer. Gerugte wat mens soms hoor wat die teendeel beweer, is óf oningelig óf kwaadwillig. Solidariteit is bloot ’n vriendelike deel van ons breër gemeenskap wat onder andere waardevolle ontwikkelings in die dorp doen, en hulle lewer geen insette wanneer die Dorpsraad besluite neem nie.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}
Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…