Baie dankie vir die aanmelding hiervan.
Die uitstekende reën die afgelope tyd maak dit natuurlik moeiliker as gewoonlik om sand en takkies ens heeltyd van die paaie af te hou, maar dit sal, soos altyd, aangespreek word sodra weersomstandighede dit toelaat.
Onthou dat inwoners ook, in noodgevalle en na-ure, die beheerkamer kan bel op 060 501 7877 om probleme aan te meld.