Sportgronde s 'n taalfout. Net soos sand, leem en klei het grond geen meervoud nie. Die regte woord is sportterrein.
Dankie vir jou opmerking. Ons stel natuurlik baie daarin belang om ons pragtige taal so suiwer as moontlik te gebruik en ons is dus altyd bly as mense met dieselfde gesindheid ons daaroor kontak!
In hierdie geval stem ons egter nie saam met jou standpunt nie, want die woord "sportgronde" is al vir 'n lang tyd ingesluit in woordeboeke soos die HAT en WAT en is in algemene gebruik as goeie Afrikaans. Mens kan ook "sportterrein" gebruik, maar dit is minder algemeen.
Maar hoe dit ookal sy, ons sal altyd graag opbouende gesprekke oor Afrikaans wil voer en sien uit daarna om dalk wel in die toekoms op foute gewys te word wat ons kan regmaak.
Weereens dankie vir jou bydrae.

Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…