klagtes

studente agter op voertuie

Goeie dag,Eerstens ek verstaan alles studente moet heen en weer gery word,maar kan Dorpsraad en BKO nie n plan maak dat die kinders veiliger vervoer word nie.

Ek het al met onderwysers,prims etc gepraat oor dit maar dit val op dowe ore.

vandag weer het 3 bakkies meer as 40 kinders vervoer,waar kinders agter op bakkies se rante gesit het.Die een bakkie het selfs by die GVS gebou kinders afgelaai.Dit was plus minus 20 kinders uit 1 bakkie! Plus n paar weke terug was dit n juffrou van BKO wat 12 kinders plus vervoer het agter op haar bakkie.Hoekom kan veiligheid nie sien dat dit n gevaar is nie? Meeste inwoners sal kennis dra van die een student meisie wat n paar jaar terug verongeluk het asgevolg van agter op n bakkie sit en veiligheid het streng daarna opgetree teen mense wat so agter op voertuie gery het.

maar moet n student werklik eers weer seer kry voor daar maatreels weer ingestel kan word?

ek hoop rerig dat daar in diepte sal gekyk word dat BKO veiliger opsies vir vervoer sal reel en Orania Dorpsraad sal ondersoek doen dat dit wel gedoen word

Baie dankie

Terugvoering

Dankie vir jou opmerking en vir jou verstaanbare besorgdheid oor die veiligheid van passasiers in/op voertuie in Orania.

Ons het dit ook – ter inligting – onder die aandag van BKO en die skole gebring.

Van OVD en die Dorpsraad se kant af kan ons natuurlik nie betrokke wees by die reƫl van vervoer vir studente, besoekers ens. nie, maar wel by verkeerswetstoepassing om die paaie so veilig as moontlik te maak. OVD-personeel stop omtrent daagliks bakkies indien persone wat agterop is nie IN die bak sit nie. Ons stem saam dat dit baie gevaarlik is om op die rand van die bak te sit en dat dit glad nie op Orania se paaie behoort te gebeur nie.

Soos altyd word dit verwelkom indien inwoners OVD kan bystaan met inligting oor spesifieke oortredings, sodat dit ondersoek en gepas aangespreek kan word. Met die baie beperkte mannekrag tot OVD se beskikking, en die uiteenlopende verantwoordelikhede wat hulle het, is dit onmoontlik vir hulle om van alles bewus te wees.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls