klagtes

Studente wat ras by rugby veld

Ek wil ’n klagte indien oor aanhoudende geraas en onbeheerste gedrag terwyl en nĆ” rugby/netbal/hokkie by die veld in Orania.
Studente skree en maak lawaai, en voertuie jaag en rev in die straat, wat veroorsaak dat honde ook aanhoudend blaf. Dit gebeur gereeld en is weer vanaand aan die gang.
Dit is ’n openbare oorlas en skep ’n veiligheidsrisiko.
Ek versoek dat dit dringend aangespreek word.

Terugvoering

Baie dankie dat u hierdie gebeurtenis onder ons aandag gebring het.

Ons het dit vanoggend met OVD bespreek, asook met die bestuur van BKO. Dit was ’n BKO-koshuisliga-sportgeleentheid wat weer binnekort ’n paar keer herhaal gaan word — 23 April is die volgende datum.

Let asseblief op die volgende punte:

  • Die geleentheid was veronderstel om teen 22:00 klaar te wees. Indien die lawaai later as dit aangehou het, sal daar gesorg word dat dit nie weer gebeur nie. BKO vra ook by voorbaat om verskoning vir enige ongerief wat hulle veroorsaak het.
  • Voor 22:00 is dit egter te verstane dat ’n geleentheid soos hierdie ’n mate van lawaai sal veroorsaak, wat onder gewone omstandighede aanvaarbaar is volgens die kultuur van ons dorp en die riglyne van ons beleide. Dit beteken nie dat oorverdowende geraas toegelaat word nie, maar wel dat klank geproduseer mag word wat deur inwoners naby aan die terrein hoorbaar sal wees.
  • Die koue temperature van gisteraand het ook daartoe bygedra dat klank verder as normaalweg deur die lug dra, wat die indruk kon skep dat dit lawaaieriger was op die terrein as wat dit werklik was in vergelyking met ander soortgelyke funksies.
  • BKO se bestuur het die studente reeds streng aangespreek oor die manier waarop paaie gebruik word en dat gejaag en ā€œrevā€ glad nie aanvaarbaar is nie.
  • Daar was BKO-personeel op die perseel tydens die geleentheid om seker te maak dat alles binne perke plaasvind, en dit was dus nie ’n geval waar studente sonder toesig rumoerig kon wees nie.

 

Ons hoop dat sulke geleenthede in die toekoms nie normale perke sal oorskry nie, nie langer as toegelaat sal voortduur nie, en dat die gepaardgaande padgebruik veilig sal wees. Indien dit die geval is, glo ons dat sulke studentepret ’n positiewe bydrae tot die energieke atmosfeer in ons dorp sal lewer en aangemoedig behoort te word as deel van ons Afrikaner-tuiste.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

100/2026
(Uitgereik op: 6 August, 2026)
Ingenieursdiente
099/2026
(Uitgereik op: 5 August, 2026)
Ingenieursdiente
097/2026
(Uitgereik op: 28 July, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls