Opmerking/Vraag: Ek weet dat Suid-Afrikaanse verkeersreëls ook in Orania geld en is dankbaar dat dit die geval is. Ek is egter bekommerd wanneer ek sien dat jongmense soms met lawaaierige veldmotorfietse rondry en ek vermoed hulle het dalk nie lisensies nie. Word dit ook deur OVD gemonitor?
Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee*
Dankie daarvoor dat u saam met ons besorgd is oor die veiligheid van almal wat Orania se strate gebruik.
In antwoord op u vraag: Ja, OVD is, tesame met hulle wye verskeidenheid ander take, ook verantwoordelik daarvoor om alle verkeersreëls in Orania toe te pas.
Hulle hou redelik gereeld padblokkades en spoedlokvalle, en hanteer ook verkeersoortredings wanneer hulle dit raaksien tydens gewone patrollies. 'n Mens moet egter onthou dat hulle net 'n handjievol beamptes is wat 'n groot verskeidenheid take moet verrig (daar is eenvoudig nie die begroting om op hierdie stadium nog mense aan te stel nie), en daarom kan hulle ongelukkig nie alle oortredings aanspreek nie. Dit is juis waarom hulp vanuit die gemeenskap so welkom en waardevol is, want dan help ons almal saam om die dorp veilig te hou.
Indien u dus enige spesifieke inligting het wat u met OVD kan deel sodat hulle hierdie saak kan ondersoek, sal dit baie waardeer word.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…