Ons is nuwe intrekkers by Orania en was onder die indruk dat die dorp gefundeerd is op en bedryf word volgens Christenbeginsels. Dit is hoe ons dit ervaar, veral met die leierskap van die verskeie instansies van die dorp. Dit is hoe dit moet bly natuurlik. Onlangs het my vrou en seun op die dorpstennisbane gespeel en terwyl hulle speel het die studente in die nabygelee koshuis besluit om kliphard musiek te speel (en lustig saam te sing) wat onder andere lirieke bevat wat die P-woord en die F-woord insluit. Dit het basies my vrou genoop om hulle goed op te pak en huis toe te gaan, met groot terleurstelling dat studente se ongemanierde optrede hulle weggedryf het. Die feit dat studente enigsens dink sulke onbedagte optrede aanvaarbaar is (en dat daar geen seniors in die koshuis was wat dit blykbaar stopgesit het) is werklik teleurstellend. Dis 'n klad op die dorp se naam en as besoekers dit beleef gaan dit net sleg op die dorp se karakter reflekteer. Ek verstaan mens kan nie almal se oprede en taalgebruik polisieer nie, maar sulke optrede van studente kan nie net gelos word sonder waarskuwings, hulle almal het tog deur die orientering gegaan en verstaan die dorp se karakter. Ons wil graag daardie dorpsfasiliteite gebruik, maar as my vrou na taal moet luister wat onder andere haar vroulikheid goedkoop maak, sal ons wegbly, en ek is seker ander ook, ons kan nie dat swak optrede van studente dit veroorsaak nie.
Dis jammer om te hoor dat julle ’n slegte ervaring gehad het met individuele studente wat onvanpaste musiek gespeel het en julle teenwoordigheid blykbaar glad nie in ag geneem het nie.
Ons is egter bly om te sien dat julle, as nuwe intrekkers, kan raaksien dat sulke gedrag op geen manier die leierskap van die dorp (of BKO) se goedkeuring wegdra nie. Ons ís ’n Christelik gefundeerde gemeenskap en sal beslis geensins daarvan afwyk nie. Ons volk se Christenskap is selfs belangriker as ons vryheidsideaal — maar gelukkig hoef ons nie tussen die twee te kies nie, aangesien ons almagtige God die toekoms van nasies beskik en Hy alreeds op soveel verskillende maniere in ons volk en dorp se geskiedenis dinge beskik het wat ons vryheid geleidelik weer opbou, dat ons oortuig is dat dit Sy doel met ons toekoms is.
Hierdie “klagte” van julle is onder die aandag van BKO, asook die dorp se topbestuur, gebring sodat dit gepas hanteer kan word.
Dankie vir julle positiewe bydrae tot ons gemeenskap!
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…