Orania moet n taakspan opstel wat ryk Afrikaners kry om geld te investeer!
Daar is natuurlik deurgaans gesprekke met potensiële nuwe beleggers in Orania en ons stem saam dat die logiese teikengroep waaruit daardie beleggers kan kom die "ryk Afrikaners" is waarna jy verwys.
Maar ten spyte van die feit dat daar reeds sulke gesprekke is, kan jou voorstel van 'n amptelike taakspan dalk goeie resultate oplewer, so dit is iets waarna ons sal kyk.
Dit is dalk die moeite werd om hier te herinner dat daar alreeds heelwat geld vanaf nie-Oraniër Afrikaners in ons dorp belê word, so ons is dankbaar vir die suksesse wat tot dusver behaal is (en ons werk natuurlik daarnatoe om daardie suksesse nog baie te groei). Die groot beleggings om bv Bo karoo Opleiding (BKO) te ontwikkel en te groei is 'n goeie voorbeeld daarvan en volgens alle realistiese vooruitsigte gaan opleiding een van die mees suksesvolle sektore in ons ekonomie word, wat groot hoeveelhede middelklas-poste in ons dorp beskikbaar gaan maak (en reeds doen).
Hierdie "industrie" van onderrig/opleiding sluit natuurlik nie uit dat daar ook tradisionele harde industrieë kan ontwikkel nie, en moontlik is die taakspan waarna jy verwys net die regte manier om dit te laat realiseer.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…