Goeiedag, ek wil net hoor of ons elke keer 'n onthulling seremonie gaan hou as die Kruger borsstuk deur vandale beskadig gaan word? Watter gedrag ondersteun ons dan?
Dankie daarvoor dat die bewaring van ons kultuur en geskiedenis vir jou belangrik is.
Die seremonie se doel is nie eintlik om die herstelde beeld te onthul nie, maar eerder om dank uit te spreek aan ’n lid van ons gemeenskap, Steon van Rensburg, wat ’n persoonlike opoffering gemaak het om dit te herstel.
Daar moet ook in ag geneem word dat die skade wat herstel moes word grotendeels deur die son veroorsaak is (die hele buitenste “kors” van die beeld het begin bars en verbrokkel), en nie deur vandalisme nie.
Ons dink dus glad nie dat gevalle van vandalisme teen ons kulturele simbole — wat gelukkig baie skaars is — deur hierdie seremonie aangevuur sal word nie. Ons is daarom baie gemaklik daarmee om ’n gewaardeerde inwoner, wat hiermee ’n toonbeeld was van die beste eienskap van ’n Oraniër — om self ’n bydrae te lewer eerder as om net te kritiseer of te wag dat iemand anders iets doen — te erken en te eer.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…