Goeie dag,
Kan iemand asb presies verduidelik die geskiedenis van gesondheid dienste in Orania?
Was dit KarooMed of OraniaMed? Wat het gebeur met daardie instelling? En waar is die dokter nou? Was dit sy praktyk of deur wie was die befonds? Daar was onlangs gesĆŖ hy gaan nie meer weg en nou is hy weg? Watse dienste was beskikbaar en watse dienste is nou beskikbaar? Is die apteek ook deel van hierdie bestaan dit selfs nog? Asb verduidelik baie mooi vir ons buitewoners.
Dankie
Dankie vir hierdie regverdige vraag om meer duidelikheid te kry oor die toestand en geskiedenis van mediese dienste in Orania.
Let asseblief daarop dat die skrywer hiervan self nog net enkele jare in Orania woon. Al is die huidige situasie dus vir hom duidelik, mag daar moontlik enkele onnoukeurighede wees oor wat presies in die verlede gebeur het.
Inwoners van Orania het letterlik vir meer as die eerste twee dekades byna geen professionele mediese dienste in die dorp gehad nie. Dit was ān opoffering wat daardie geharde pioniers gemaak het as deel van hulle strewe na vryheid vir ons volk, net soos OraniĆ«rs vandag steeds bereid is om opofferings te maak terwyl ons die Here se raadsplan in ons lewens hier in Orania uitleef.
Dinge het geleidelik begin verbeter gedurende die 2010ās, met professionele mediese dienste wat van tyd tot tyd in Orania beskikbaar geword het. Opgeleide persone (tandartse, dokters, ens.) het begin om die dorp op ān gereelde basis, hoewel nie voltyds nie, te besoek. Die bevolking van Orania was eenvoudig nie groot genoeg vir sulke persone om hulle voltyds hier te vestig nie ā en om die waarheid te sĆŖ is die huidige bevolking van ongeveer 3 000 moontlik steeds nie heeltemal groot genoeg nie. As gevolg van doelgerigte gemeenskapsprojekte om dit daadwerklik aan te spreek, het dit egter deur middel van goeie beplanning en bestuur moontlik geword. Die kwessie van getalle word natuurlik ook verbeter deurdat baie mense van buite Orania (insluitend boere vanoor die hele streek) van Orania se mediese dienste gebruik maak.
Teen die laat 2010ās het dr. Notnagel hom voltyds in die dorp gevestig en ān groot praktyk genaamd Oraniamed gestig, wat ook ān ambulansdiens, Karoomed, ingesluit het. Sy dienste was (en is steeds) van onskatbare waarde vir ons mense, en hy is ān baie gerespekteerde en geliefde lid van die gemeenskap. Groot getalle inwoners het hulle lewens aan sy uitstekende hulp te danke. Dr. Notnagel het ook ān mediese praktyk in ons buurdorp, Vanderkloof.
Oor die afgelope twee jaar het dr. Notnagel dit sterk oorweeg om voltyds in Vanderkloof te gaan praktiseer en dus sy spreekkamers in Orania te sluit. Gelukkig het hy uiteindelik daarteen besluit en is hy steeds ook in Orania werksaam, alhoewel hy verhuis het vanaf die mediese sentrum waar hy voorheen was. Tans sien hy sy pasiĆ«nte in spreekkamers in dieselfde gebou as die apteek. Die apteek is ān aparte besigheid wat deur sy vrou (ān apteker) bedryf word en wat, volgens alle aanduidings, steeds vir die voorsienbare toekoms medisyne in Orania sal verskaf.
Intussen het ān nuwe gemeenskapsmaatskappy sonder winsbejag, genaamd Orania Gesondheidsorg MSW, vanuit Orania se mense ontstaan en op 17 Februarie 2026 amptelik sy deure in die mediese sentrum (waar dr. Notnagel voorheen was) geopen. Hierdie maatskappy sal grootliks befonds word deurdat mense deel word van hulle mediese āstokvelā (met kostes van byvoorbeeld R300 per persoon per maand en R460 per paartjie). Dit sluit onder meer vier doktersafsprake per maand in, asook toegang tot X-strale, laboratoriumtoetse, fisioterapie, arbeidsterapie, EKG, bloedglukose- en bloeddruktoetse, ens. Hulle beoog ook om eersdaags ān voltydse tandarts aan te stel. Orania Gesondheidsorg MSW werk naby saam met ān ander plaaslike ambulansdiens genaamd Eureka, asook met ān maatskappy genaamd Rocket, wat reeds gereeld ernstige pasiĆ«nte per helikopter kom haal en na groter hospitale, byvoorbeeld in Kimberley, vervoer.
Orania Veiligheidsdienste het ook 24 uur per dag hul eie mediese spanne op bystand en hulle kan letterlik binne minute 'n pasiƫnt behandel wat bv in die middel van die nag 'n mediese krisis ontwikkel. Hulle kan die persoon stabiliseer en dan oorhandig aan een van ons dokters, of dalk aan Rocket, as die pasiƫnt uitgevlieg moet word.
Benewens hierdie nuwe mediese sentrum is daar ook sielkundiges (en beraders) en ander terapeute wat privaat in die dorp praktiseer.
Laastens is daar ook 'n staats-kliniek (om meer korrek te wees is dit eintlik 'n satelliet-kliniek) wat gratis mediese dienste in Orania bied. Dit word grotendeels deur die Orania Dorpsraad self befonds (die perseel word bv verskaf, dienste (water en elektrisiteit) word verskaf en 'n voltydse suster is aangestel), met die staat wat slegs sekere medikasies ens voorsien. Oraniƫrs wat nie ander mediese-dienste opsies kan bekostig nie, kan daar geholpe raak en kan afsprake maak om 'n dokter te sien wat enkele dae per week hier is.
Die totale prentjie rondom die beskikbaarheid van mediese dienste in Orania is dus tans beter as ooit tevore, en ons gemeenskap is baie dankbaar daarvoor.
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…